NDTC bederf bejaardes
Die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) het Vrydag die bejaardes en personeel van die Katutura-ouetehuis op 'n vroeë Kersete by die Shanghai-restaurant getrakteer. Hulle het ook handdoeke en sakkies toiletware ontvang. Hier oorhandig mnr. Shihaleni Ndjaba, uitvoerende hoof van dié diamantmaatskappy, 'n toiletsakkie aan oom Lazarus Doeseb. Windhoek se burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het die geleentheid bygewoon. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie