Ndlovu-jeugkoor deur na eindronde van ‘America's Got Talent’
Die koor het amper-amper weer uitgeval, soos toe hulle na die halfeindronde deurgedring het.
Die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo is deur na die eindronde van die gewilde talentsoekkompetisie America's Got Talent.
“Ons is deur na die eindronde. Drome kan regtig waar word,” het die Ndlovu-jeugkoor Donderdag omstreeks 05:00 (Suid-Afrikaanse tyd) op sy Facebook-blad en Twitter-profiel aangekondig.
Die lede van die koor is jongmense van die Moutse-gebied naby Groblersdal.
Die koor het amper-amper weer uitgeval, soos toe hulle na die halfeindronde deurgedring het, nadat hulle Steve Winwood-se treffer “Higher Love” gesing het, maar die beoordelaars het wéér hul basse gered.
Toe hulle nie genoeg stemme van kykers gekry het om deur te dring nie, het drie van die beoordelaars, Julianne Hough, Gabrielle Union en Simon Cowell, hoofbeoordelaar, vir hulle gestem om hulle na die eindronde te laat deurdring.
Union en Cowell het ook in die halfeindronde vir die Ndlovu-jeugkoor gestem sodat hulle na die volgende ronde kon deurdring.
Slegs mense in Amerika kan vir hul gunstelinge in dié kompetisie stem om na die volgende rondes deur te dring.
Suid-Afrikaners wat vroegmôre wakker was, het die Ndlovu-jeugkoor sommer al vroeg gelukgewens. Die koor het vanuit Kaapstad, Durban, Pretoria, Mauritius en tot selfs Nieu-Seeland gelukwensings ontvang. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie