NDF swyg oor brand by basis
Die oorsaak van die brand by die militêre basis in Suiderhof in die hoofstad Sondagnamiddag is steeds 'n raaisel nadat die Namibiese weermag (NDF) nog amptelik geen inligting hieroor vrygestel het nie. Na bewering het die militêre kliniek op die perseel aan die brand geslaan. Geen bevestiging hieroor kon teen druktyd verkry word nie. Vrae oor die omvang van die skade en hoe dit dalk die weermag se vermoë mag beïnvloed om met die toename in Covid-19-gevalle in die land ondersteuning te bied, is ook geïgnoreer. Geen berigte van beserings of sterftes is aangekondig nie. Foto Augetto Graig
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie