NDF-ongeluk: Slagoffers se name bekend
NDF-ongeluk: Slagoffers se name bekend
01 March 2021 | Ongelukke
Die name van die twee lede van die Namibiese weermag (NDF) wat Vrydagaand in ‘n ongeluk by die Nukwa-basis naby Kongola gesterf het, is bekendgemaak.
Die Namibiese polisie se waarnemende koördineerder vir misdaadondersoeke in die Zambezistreek, adj.komm. Evans Simasuku, het die slagoffers as mnre. Johannes Martin Ndamupewa (32) en die 26-jarige Fukaile Petrus Mwatukange geïdentifseer.
“Na bewering het die twee op die toneel gesterf toe die sedan waarin hulle gereis het teen die wa van ’n onklaar vragmotor gebots het wat langs die pad geparkeer was,” het Simasiku gesê.
Hy het gesê die ongeluk het ná die aandklokspertyd plaasgevind. Twee ander NDF-insittendes in die voertuig is ernstig beseer en is tans in die Katima Mulilo-staatshospitaal. - Nampa
Foto verskaf

Soortgelyk
Robberts bly in aanhouding
10 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
10 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
10 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
10 ure gelede | Weer
Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
10 ure gelede | Misdaad
Running for those who can’t
10 ure gelede | Skole
Windhoek kry eie ekonomiese plan
10 ure gelede | Regering
Ending the double shift system at schools
10 ure gelede | Onderwys
Mej. Namibië: Hier is die top-16
10 ure gelede | Gebeure
Kleinadvertensies