NBL vier 100 jaar van koue goues
Namibia Breweries Limited (NBL), 'n filiaal van die Ohlthaver & List (O&L)-groep, vier vandag hulle 100ste bestaansjaar. Mnre. Herman Ohlthaver en Carl List het in 1920 die meerderheid aandele in die Felsenkeller-Brauerei in Windhoek en Omaruru en die Kronen Brauerei in Windhoek en Swakopmund verkry. Die brouerye het weens die oorlog gesukkel om ’n bestaan te maak en met die moeilike ekonomiese omstandighede het niemand geld gehad om dié brouerye te onderhou nie. Ohlthaver en List het ’n nuwe maatskappy, South West Breweries Ltd, gestig wat vandag as Namibia Breweries Limited (NBL) bekend staan. Mnr. Cureso Bull, een van die brouerye se senior brouers, skink ’n lekker koue bier ter viering van hul honderdjarige bestaan. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie