NBL bied ondersteuning aan taxi-toep
’n Plaaslike taxi-app, Lefa, het ondersteuning van die Namibia Breweries Limited (NBL), 'n filiaal van die Ohlthaver en List (O&L)-groep, ter waarde van N$150 000 ontvang.
Dié diensverskaffer se stigter, mnr. Melkisedek Shivute Ausiku, beter bekend as ‘Melkies’, is dankbaar vir die skenking.
“Die afgelope twee jaar het Lefa tot ’n bekende en betroubare diensverskaffer in die Windhoekse gemeenskap gegroei. Die Covid-19-pandemie het ernstige uitdagings gebied, maar ons het deur NBL se volgehoue ondersteuning deur die ergste gekom.
Maatskappye soos NBL moet geprys word vir hul ondersteuning en pogings om plaaslike waarde tot klein ondernemings te voeg om kop bo water te hou. Ons sal vir ewig dankbaar vir die vennootskap met NBL as 'n veilige, betroubare en maklike passasiersvervoerdiens wees,” sê hy.
Mnr. Marco Wenk, besturende direkteur van NBL, sê: “Ons het gesoek vir 'n diens om 'n veiliger alternatief vir gebruikers te bied en ter ondersteuning van ons beroep aan die publiek om nie te drink en te bestuur nie. Terwyl ons in die vroeë stadium was, het Melkies ons om hulp genader. Ons het besluit om die passievolle jong entrepreneur te ondersteun.”
Die skenking sal vir bemarkingsdoeleindes gebruik word om die verlore vastrapplek weens die uitbreking van Covid-19 te herwin en ook vir die voortgesette ontwikkeling en instandhouding van die Lefa-app. Lefa bied tans werk aan 45 bestuurders in Windhoek en daar is toekomstige planne om dit na ander dorpe in die land uit te brei.
‘Lefa’ beteken saamrygeleentheid in Oshiwambo.
FOTO: Mnr. Melkisedek Shivute Ausiku van Lefa saam met die besturende direkteur van NBL, mnr. Marco Wenk. Foto NBL

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie