NBC-werknemer toets positief
NBC-werknemer toets positief

NBC-werknemer toets positief

Ronelle Rademeyer
Die nasionale uitsaaier (NBC) het bekend gemaak dele van sy hoofkantoor in Windhoek is tydelik gesluit omdat een van sy werknemers positief getoets het.
Die direkteur-generaal, mnr. Stanley Similo, sê in 'n verklaring wat Sondagmiddag uitgereik is die nuuskantore is reeds in ooreenstemming met die voorgeskrewe gesondheidsregulasies ontsmet.
Similo sê hy is in kontak met die gesondheidsowerheid wat besig is om al die mense met wie die betrokke werkgewer in kontak was, op te spoor.
Hy sê gesien die NBC se belangrike taak om nuus met betrekking tot die Covid-19-pandemie te versprei, word werkverrigtinge met groot versigtigheid voortgesit.

Kommentaar

Republikein 2025-07-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer