Natuurman Russel Friedman sterf
‘n Legende in die safari- en wildlewebedryf, Russel Friedman, is Sondagoggend in die ouderdom van 67 jaar aan ‘n hartaanval dood terwyl hy in Johannesburg saam met vriende bergfiets gery het.
Friedman was in 1984 een van die stigters van Wilderness Safaris en het ‘n reuserol in die groei en ontwikkeling van dié Suider-Afrikaanse safari-onderneming gespeel.
“Wilderness Safaris is verpletter deur die verlies van een van sy medestigters en ‘n ware safari-strydros, legende en wildlewebewaarder,” het die onderneming in ‘n verklaring gesê.
Hy was ook ‘n bekende in die aasvoëlbewaringsgemeenskap, asook as handelaar in natuurboeke in die uitgewersbedryf. Friedman was in die 1970’s instrumenteel in die stigting van die Aasvoël-studiegroep in Suid-Afrika.
Hy was ook die stigter en voorsittter van die Wilderness Trust en later ook van Children in the Wilderness.
‘n Roudiens vir hom word vandag om 12:00 by Wilderness Safaris se kantoor in Rivonia, Johannesburg, gehou. Hy laat sy vrou, Bonny, en hul dogter, Gabi, agter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie