Nathan breëbors by Boks SA se prysuitdeling
Boks
Michael Green
Die afrigter Colin Nathan het laas naweek rede gehad om by Boks Suid-Afrika se prysuitdeling in Durban sy bors uit te stoot.
Xolisani Ndongeni, een van sy boksers, is as die bokser van die jaar aangewys en twee van sy ander boksers was in die geveg van die jaar betrokke.
Hekkie Budler en Simphiwe Khonco se opwindende kragmeting op 19 September 2015 by Emperors Palace in Kempton Park is as die geveg van die jaar aangewys.
Dié prys is taamlik omstrede aangesien dit so lank gelede plaasgevind het. Dan weer, Boks SA het lanklaas pryse uitgedeel.
Budler is ten tyde van sy ontmoeting met Khonco deur Nathan, van Hot Box Gym, afgerig. Hy het met enkele punte gewen en sy strooigewigtitels van die Wêreldboksvereniging (WBA) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) behou.
Khonco het kort ná die geveg vanuit die Oos-Kaap na Johannesburg verhuis en hom ook by Nathan se kamp aangesluit. Hy het intussen die vakante IBO-strooigewigtitel gewen en een keer, teen Nkosinathi Joyi, verdedig.
Khonco kan hom ongelukkig ag om nie as die bokser van die jaar gekies te word nie.
Die 26-jarige liggewig Ndongeni het wel in 2016 twee oortuigende oorwinnings – oor Emilio Norfat van Tanzanië en Juan García Méndez van Mexiko – behaal. Hy is 'n knap bokser en moet beslis in die toekoms dopgehou word.
Zolani Tete se uitklophou teen Victor Ruiz van Mexiko was die uitklophou van die jaar.
• Ander pryse is soos volg toegeken:
Vrouebokser van die jaar: Bukiwe Nonina.
Voorsitter se spesiale prys: Bongani Magasela, Cassius Baloyi en Mbali Zantsi.
Belowendste mansbokser: Azinga Fuzile.
Belowendste vrouebokser: Melissa Muller.
Prys vir lewenslange prestasie: Rodney Berman, Nick Durandt, Stanley Sono (postuum) en Tsietsi Maretloane (postuum).
Afrigter van die jaar: Mzamo Njekanye.
Vegknoper (organiseerder) van die jaar: Reuben Rasodi.
Bestuurder van die jaar: Mlandeni Tengimfene.
Promotor van die jaar: André Thysse (Real Steel Promotions).
Beampte van die jaar (mans): Darryl Ribbink.
Beampte van die jaar (vroue): Sylvia Mokaile. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie