Nasionale bate vervalle en vuil

Atletiek

15 September 2021 | Sport
Tielman van Lill – Me. Agnes Tjongarero, die minister van sport, jeug en nasionale diens, personeel van dié ministerie asook lede van die Namibiese Sportkommissie en die Nasionale Jeugdiens het verlede Vrydag met pikke en grawe op die Onafhanklikheidstadion in Windhoek toegesak.

Tjongarero, wat glo nie eerstehands van die stadion se vervalle toestand bewus was nie, het mediahuise genooi om Vrydag die skoonmaakaksie eerstehands te aanskou. Die optrede is as ’n “betekenisvolle ingryping” deur die ministerie bestempel om die venue behoorlik skoon te maak wat toenemend vervalle raak.

Hoewel ’n skoon veld sonder onkruid en lang gras, meer geredelik aanvaarbaar sal wees, verbeter dit nie die toestand van die tartan-atletiekbaan nie.

Van die rooimierplaag wat ’n massiewe probleem in die Olympia-buurt is, sal ook ontslae geraak moet word. Die miere vreet materiaal onder die baan wat meebring dat die tartan oplig en water onder die oppervlak invloei wat reeds onherstelbare skade verrig het.

Die verouderde besproeiingstelsel sal ook vervang moet word, asook die verweerde stoele op die hoofpawiljoen en die tartanbaan. Die lys van verval is lank en sal etlike miljoene Namibiese dollars kos, wat die staat klaarblyklik tans nie het nie.

Die gevolge kring verder uit met die Brave Warriors wat in hul kwalifiserende veldtog vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi hul tuisvoordeel prysgee. Dit kos die Namibiese Sokkervereniging (NFA) miljoene om stadions in Johannesburg vir dié doel te moet huur.

Tjongarero het Vrydag gesê: “Hierdie is ons eie stadion en bate. Dis Namibië se enigste stadion. Soos julle kan sien lyk dit nie goed nie. Ons stadions is deur die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) geskors en mag dit nie vir sokker gebruik nie.

“CAF het ons met ’n rede geskors. Kyk rond en julle sal sien dis nie geskik om deur atlete gebruik te word nie. Ek is wel bly dat almal hier is om dit beter te laat lyk.

“Daar is egter nog baie wat gedoen moet word, soos die badkamers (toilette), stoele en ander konstruksiewerk binne die hoofgebou. Maar intussen kan ons dit minstens vir ons eie atlete bruikbaar maak om hier te kom oefen.

“As dit hier skoon is, is die saak ten minste halfpad gewonne en ons kan die Namibiese volk inlig dat die stadion skoon genoeg vir menslike gebruik is.

“Ek skat dit gaan ons N$300 miljoen kos om die plek op standaard te kry. Ek sal opnuut vir meer geld vir sport veg wanneer ons volgende jaar die begroting indien.

“Fifa en CAF verwag dat die hele stadion sitplekke met stoele aan toeskouers moet bied en toilette moet aan die oostekant gebou word, wat tans nie daar is nie. Elke liewe gloeilamp van die spreiligte moet vervang word, want ná twee jaar verswak die beligting dramaties, aldus die CAF.

“Binne die hoofpawiljoen moet baie gedoen word, wat baie duur gaan wees. Daarom sê ek ons moet die private sektor aan boord kry om ons te help sodat die geld wat die NFA betaal om sy nasionale spanne se tuiswedstryde in Suid-Afrika te speel, eerder in die land kan bly.

“Ons het die ministerie van werke om advies genader, want al die staatseiendom word deur hulle bestuur. Hulle moet soveel as moontlik van die 18 punte wat CAF uitgewys het, herstel en vir ons sê wat hulle nie kan doen nie en dan kan ons uitvind wat dit gaan kos en wie ons daarmee kan help.”

• Mnr. Sivute Katamba, direkteur van sport by dié ministerie, het in Maart aan Nampa gesê: “Daar is planne in die pyplyn vir die Onafhanklikheidstadion. Omrede die stadion nie aan CAF se standaarde voldoen nie, is dié venue is die afgelope dekade nie vir internasionale sokkerwedstryde gebruik nie.

“Ons het ’n ooreenkoms van wedersyde begrip met die Japanse regering om ons met die herstel van die stadion te help. Ons werk tans aan ’n begroting en dit sal aan hulle oorhandig word sodat hulle ons kan bystaan.”

SAM NUJOMA-STADION

Dié stadion wat aan Stad Windhoek (CoW) behoort, is ook sedert die begin van 2021 onder beleg weens CAF se beslissing dat geen internasionale sokkerwedstryde daar gespeel mag word nie.

Mnr. Harold Akwenye, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, het by navraag aan Republikein gesê: “Geen besluit is nog oor die Sam Nujoma-stadion se herstel geneem nie. ’n Vergadering tussen CoW, die NFA en die ministerie moet nog plaasvind.

Akwenya het in Maart aan Nampa gesê: “Daar is begroot vir die herstel van die stadion, maar dis hangend vir goedkeuring vir die 2020-21-boekjaar.”

Hy het aan Republikein bevestig dat geld wel vir die volgende begroting aangevra is.

[email protected]


FOTO
Die minister van sport, jeug en nasionale diens met sy direktorate soos die nasionale jeugraad en die Sportkommissie het laas Vrydag ’n skoonmaak-aksie in die Onafhanklikheidstadion gehou. Foto Facebook (National Youth Service)

Soortgelyk

 

Forklifting failure

4 ure gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

4 ure gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

4 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

4 ure gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

4 ure gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

4 ure gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

4 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

4 ure gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...

Verkiesingskommissie tel weer: Swapo wen steeds

4 ure gelede | Politiek

Augetto Graig – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister die stembriewe van die streekraadsverkiesing vir die Ndonga Linena-kiesafdeling – wat op 25 November 2020...