!Naruseb: Paaieowerheid se gebou “nie vervalle”
Estelle de Bruyn
Fyn krake is in ses pilare van die pasvoltooide hoofkantoor van die Paaieowerheid (RA) opgemerk. Bouwerk aan die nuwe hoofkantoor is op 22 Februarie vanjaar voltooi.
In antwoord op vrae in die verband in die Nasionale Vergadering (NV) het die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, gesê die gebou is van 27 Februarie af betrek. Die krake in ses van die 240 pilare in die gebou is vir die eerste keer op 2 Maart opgemerk.
Die RA het onmiddellik alle betrokke partye, naamlik die argitek, konsultant en kontrakteur gekontak om vas te stel wat die krake veroorsaak het. Die konsultant en die kontrakteur het verskillende deskundiges op hul eie koste aangestel om ondersoek in te stel. Hierbenewens het die RA ook ‘n onafhanklike span deskundiges aangestel om die skade te ondersoek.
“Die ondersoeke is afgehandel en die oorsaak is vasgestel, gevolglik kan dit herstel word. Herstelwerk aan die krake sal binne die volgende twee weke begin en binne drie maande afgehandel wees.
“Dit is belangrik om daarop te let dat die noordelike vleuel van die gebou ten volle beset is en die suidelike vleuel, waar die krake voorgekom het, gedeeltelik beset is, in dele wat nie deur die skade geraak word nie. Die pilare is gestut en vasgedraai om die veiligheid van werknemers in die gebou te verseker terwyl die ondersoek aan die gang was.
“Ek het die gebou op 17 Oktober besoek en kan bevestig dit is ‘n moderne gebou en is beslis nie vervalle nie,” het !Naruseb gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie