Nande hol weg met Sentraal Ope
Gholf
Niemand het naby gekom om Likius Nande uit te daag om sy titel as kampioen van die Sentraal Ope vir die tweede jaar ná mekaar te behou nie.
Windhoek Lager was die borg van die toernooi wat op die baan van die Windhoek Buiteklub aangebied is en wat as een van die toernooie erken word wat tot die Namibiese Amateur Gholfunie se merietelys bydra.
Na afloop van die twee dae se spel oor 54 putjies (36 en 18) het Nande sy titel met 'n reusevoorsprong behou.
Altesame 54 spelers het deelgeneem, insluitend 18 in die A-afdeling. Die spelers was van elke uithoek in die land afkomstig – een elk van Oranjemund en Gobabis, drie van Rössmund, ses van Omeya, agt elk van Tsumeb en Walvisbaai en 27 van die Windhoek Buiteklub.
Die voorste uitslae was:
Algeheel
Beste bruto: 1 Likius Nande (212), 2 Damien da Silva (230).
Beste netto: 1 X.L. Zhang (217), 2 Joseph Martin (219).
A-afdeling
Beste bruto: 1 Kevin Wentzel (232), 2 Stanley Gawanab (234).
Beste netto: 1 Anton Bonifatius (220), 2 Gert Olivier (227).
B-afdeling
Beste bruto: 1 M. Polster (256), 2 J. Katti (258).
Beste netto: 1 M. du Plessis (229), 2 H. Ndjendja (231).
C-afdeling
Beste bruto: 1 G. Gariseb (175), 2 S. van der Merwe (177).
Beste netto: 1 I. Wood (148), 2 P. Johns (149).
Vier pryse vir houe aan die pen is toegeken aan Gert Olivier (putjies 3 en 9), Mario Polster (putjie 13) en S. Gawanab (putjie 17).
Die klubkaptein Gustav Jung bedank alle deelnemers vir die ondersteuning.
• Komende naweek bied die klub die Bank Windhoek Independence Cup beterbalkompetisie aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie