NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

'n Hoërhofbeslissing dat plaaslike ­versekeringsmaatskappye nie gedwing sal word om herversekering by die nasionale versekeraar uit te neem nie, is ter syde gestel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van hierdie wetsbepaling beslis word.

Terselfdertyd kan die uitvoerende hoofde van versekeringsmaatskappye nie in hegtenis geneem word indien dié wet nie eerbiedig word nie.

Die rede is dat hulle slegs werk­nemers is wat rekenskap aan hul ­direkteure gee, terwyl direkteure eerder vir strafregtelike oortredings deur 'n maatskappy verantwoordelik gehou kan word.

Alhoewel die ministerie van finansies en die nasionale herversekeraar NamibRe se appèlsaak die afgelope Maandag in die hooggeregshof met koste van die hand gewys is, het die hof beslis dat die Namibië ­nasionale herversekeringswet (NNRCA) en ­regulasies, soos afgekondig in ­Desember 2017, wel van krag en in volle werking is.

Hiervolgens moet versekeraars voorts 12,5% van alle plaaslike polisse aan NamibRe sedeer.

Dus is hoërhofregter Thomas Masuku se uitspraak van ­September 2018 ter syde gestel, waarin hy gesê het versekeringsmaatskappye nie gedwing sal word om herversekering by NamibRe uit te neem nie.

Die hooggeregshof se adjunkhoofregter Petrus Damaseb het die applikante gelyk gegee dat die hoërhof nié by magte was om 'n parle­mentswet op te skort nie.

Damaseb, wat die appèl saam met regters Elton Hoff en Bess ­Nkabinde aangehoor het, sê dit is oorbodig dat die hof verklaar die herversekeringswet is van krag.

Daar móét gehoor gegee word aan 'n behoorlik afgekondigde wet - totdat 'n hof dit ter syde stel.

Die staat meen plaaslike versekeringsmaatskappye neem herversekering in die buiteland uit, wat beteken tot N$1 miljard vloei ­jaarliks uit Namibië. Versekeraars ontken dat die geld na die buiteland gaan.



UITVOERENDE HOOFDE NIÉ STRAFBAAR

Die applikante wou verder hê die hooggeregshof moet 'n ­tussentydse verklaring en bevel toestaan dat indien die maatskappye nie dié wet gehoorsaam nie, die hof genader kan word om die uitvoerende hoofde te vervolg.

Damaseb het egter gesê dat “talle regsmiddels” beskikbaar is om die wet af te dwing.

Hy het na nog 'n saak verwys waarin bevind is dit is ­ongrondwetlik om 'n “dienaar van 'n korporatiewe liggaam” soos 'n maat­skappy se uitvoerende hoof strafregte­lik aanspreeklik te wil hou vir oortredinge deur so 'n liggaam.

“Dis eienaardig om uitvoerende hoofde uit te sonder om gestraf te word, gegewe dat hulle as dienaars van die korporatiewe ­respondente verantwoordbaar aan direkteure is . . . dit mag wees dat hulle nie by magte is om aan so 'n hofbevel gehoor te gee nie, wat sou beteken dit is 'n ­onmoontlike opdrag om uit te voer,” het Damaseb gesê.

Hy het wel versekeringsmaatskappye gewaarsku dat net omdat hulle 'n opinie oor die grondwetlikheid van die herversekeringswet huldig, dit hulle nie immuun teen vervolging maak as hulle dit nie toepas nie.

“Die respondente glo skynbaar hul beskouing oor die grondwetlikheid van die herversekeringswet bemagtig hulle om dit nie te gehoorsaam nie.”

Die respondente in die saak sluit in versekeringsmaatskappye soos Hollard, Sanlam, Santam, Trustco, OutSurance en Old Mutual, asook hul uitvoerende hoofde.

'n Hofsaak waarin plaaslike ­verseke­raars die minister van finansies, asook NamibRe hof toe sleep om die grondwetlikheid van die her­versekeringswet en sy regulasies uit te daag, is steeds hangend.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!