NamibRe: Regter Frank moet waai

Regering kán in hooggeregshof appelleer

31 May 2019 | Howe
Elvira Hattingh



Die regering het daarin geslaag om 'n beslissing nietig te laat verklaar wat die hooggeregshof vroeër vanjaar oor die ­NamibRe-versekeringsaak gemaak het.

Dit beteken hul appèl teen 'n beslissing in die hoërhof verlede jaar mag nou in die hooggeregshof dien, terwyl waarnemende appèlregter Theo Frank nie die saak mag behartig nie.

Die hooggeregshof se adjunkhoofregter Petrus Damaseb, saam met regters Elton Hoff en Bess Nkabinde, het die ministerie van finansies en die nasionale herversekeraar NamibRe Dinsdag gelyk gegee dat waarnemende appèlregter Theo Frank van die saak onttrek moet word.

Dít omdat hy persoonlike bande met die versekeringsbedryf het.

Hy het voorheen as regsverteenwoordiger vir die respondente – verskeie versekeringsmaatskappye – in 'n grondwetlike uitdaging opgetree.

Boonop is hy tans die voorsitter van NedNamibia Life Assurance Company Limited (NedLife) – een van die klaers in 'n hangende saak waar die versekeraarsbedryf die wet op versekeraars grondwetlik uitdaag.

NedLife word ook deur die huidige hofverrigtinge in die hooggeregshof geraak.

Die hooggeregshof het ingestem dit is genoeg rede om regter Frank aan die saak te onttrek en het bevind hy was veronderstel om sy belange vooraf aan die partye te verklaar.

Die hof het gesê hy hoef nie verdere oorwegings in ag te neem, soos dat regter Frank as Nedlife se voorsitter en direkteur jare lank reeds vergoeding ontvang het en dat hy vantevore op Trustco se raad gedien het nie.

Trustco is ook een van die respondente in die hofgeding.

Die hooggeregshof het waarnemende appèlregter Frank se beslissing van 29 Januarie omgekeer.

Hy het toe beslis dat die regering nie verlof tot appèl teen hoërhofregter Thomas Masuku se beslissing van verlede jaar mag kry nie.

Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het Woensdag in 'n nuusverklaring die hooggeregshof se uitspraak verwelkom en gesê dit is 'n “belangrike stap om herversekering in Namibië te versterk en die uitvloei van herversekeringspremies uit die plaaslike ekonomie te beëindig”.

Hy het ook gesê die hooggeregshof het die regering se vooruitsigte op 'n suksesvolle appèlsaak as “méér as redelik” beskou.



AGTERGROND

Die jongste gebeure in die hooggeregshof volg nadat hoërhofregter Thomas Masuku in November verlede jaar gesê het die staat en NamibRe mag nié teen die hoërhof se beslissing in September 2018 in die guns van plaaslike versekeringsmaatskappye appelleer nie.

Masuku het op 20 September tydens 'n dringende aansoek beslis plaaslike versekeringsmaatskappye sal nie gedwing word om herversekering by NamibRe uit te neem nie. Dít, totdat die hof oor die wettigheid van dié bepaling in 'n ander hangende saak kan beslis.

Deur die aanvanklike hofsaak wou die staat versekeraars verplig om 'n persentasie van hul besigheid aan NamibRe te sedeer, glo om te verhoed dat meer as N$1 miljard se herversekering die Namibiese ekonomie jaarliks verlaat.

Desondanks het die ministerie van finansies en NamibRe in Desember 'n petisie by die hooggeregshof ingedien vir 'n versnelde appèlverhoor, wat toe op 29 Januarie deur appèlregter Frank van die hand gewys is.

Dié jongste beslissing is nou omgekeer.

Die betrokke versekeringsmaatskappye sluit ook Hollard, Sanlam, Santam, Trustco, OutSurance en Old Mutual in.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...