Namibiërs ‘trou’ met buitelanders vir N$500
Die adjunkminister van binnelandse sake en immigrasie, me. Maureen Hinda-Mbuende, het vandag 70 bedrogsake bevestig in verband met buitelanders wat vals huwelike met Namibiërs sluit.
"Tien beskuldigdes is aan bedrog in Namibiese howe skuldig bevind."
Die adjunkminister sê die meerderheid oortreders is van Zimbabwe, Egipte, Nigerië, Pakistan en Bangladesj.
“Ekonomiese uitdagings noop sommige Namibiërs - meestal vroue tussen 25 en 40 - om met buitelanders vir 'n skrale N$500 per maand te trou,” het Hinda-Mbuende gesê – Nampa\
Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie