Namibiërs red Tsjegge van gewisse dood

Viertrekspore wat die pad in die rigting van die see verlaat, het gelei tot die vier toeriste wat toe reeds geruime tyd in die Skedelkuspark­ gestrand was.
Des Erasmus
Des Erasmus - Vier toeriste van die Tsjeggiese Republiek loof Namibiërs vir die wyse waarop hulle in die Skedelkuspark volgens hul eie bekentenisse aan die dood ontkom het.
Hulle het ook die sosiale media aangewend om insittendes van 'n konvooi van ses motors te bedank nadat hulle verbouereerd en verwese in die woestyn aangetref is.
“Ons was seker dat 'n dood van ontbering op ons wag,” het die groep by monde van ene Max as hul enigste taalvaardige woordvoerder laat weet. Die selfdrywers van die oorsese land het twee dae sonder hoop in die woesteny deurgebring voordat hulle hul reis na Twyfelfontein kon voortsit en uiteindelik in Windhoek 'n vliegtuig huis toe kon haal.
'n Bekende Swakopmunder, Bennie Williams, was by die aksie betrokke en het die voorval aan Republikein bevestig. Nadat die Tsjeggiese groep gehelp is en hulle reis kon voortsit, was hul helpers self vir 'n nag en 'n deel van 'n tweede dag in die woesteny vasgepen.
Williams sê hy en vriende onderneem elke jaar so 'n tog tot feitlik teenaan die Kunene op die noordgrens. Vanjaar het die geselskap uit die ses voertuie met ook Suid-­Afrikaners, onder wie vriende van Port Elizabeth, bestaan. Hulle was op hul terugtog reeds by Möwe-, Terrace- en Torrabaai verby. Sowat 30 km suid van Torrabaai het hulle die plek gekry waar viertrekspore die pad in die rigting van die see verlaat het. Hulle het onraad vermoed, ondersoek gaan instel en op die vier toeriste, twee mans en twee vroue, afgekom wat terug in die rigting van die gebaande pad beweeg het waar verkeer selde gaan.
Daar was hul aanduiding by monde van Max dat hulle van die gebaande weg afgedwaal het op soek na 'n skeepswrak wat op een van die kaarte in hul besit aangedui was. Onkunde van die woestyntoestande het hulle naby die see in 'n verraderlike moeras­agtige soutpan laat beland en ondanks 'n gesukkel het hul huurvoertuig net al hoe dieper vasgeval tot die onderstel op die soutkors gelê het. 'n Gegrawe met die hande en gebeur deur die twee jong mans en twee meisies het hul kragtige tuig nie 'n sentimeter laat beweeg nie. Uiteindelik het net die boonste wande van die buitebande bo die soutmodder uitgesteek. Die kar was swaar gelaai met ook twee daktente op.
Williams het in geselskap van die Tsjegge hul spoor in sy kragtige voertuig gevat. Net minder as 3 km van die hoofpad en naby die see het hulle op die gestrande voertuig afgekom. Uiteindelik het drie van die Namibiese geselskap in hul voertuie hulp kom verleen met radiokontak wat deurlopend met die res van die geselskap by die hoofpad gehou is. Williams het uiteindelik die Tsjegge se voertuig uitgesleep gekry, maar in die proses het sy eie kar ratkasprobleme ontwikkel en kon hy dit nie meer in viertrekaandrywing kry nie. Die donker het die reddingswerkers ingehaal en daar is te voet na die res van die geselskap by die pad teruggekeer waar oornag is. In daardie stadium het die konvooiryers nog oor genoeg voorraad vir almal beskik.
Die volgende oggend is sewe toue gelas om die voertuie uit te kry en die toeriste is aangesê om maar te ry met Twyfelfontein as hul volgende bestemming. In daardie stadium was reeds vasgestel dat die toergroep se voertuig se bande kliphard gepomp was op 'n terrein waar met sagter bande gery word. Die lede van die konvooi het tot die middag aan die Williams-voertuig gewerk wat toe net oor gewone tweewieldryf beskik het.
Terug op Swakopmund het die e-­posboodskappe uit die Tsjeggiese ­Republiek op die Namibiërs begin reën. “As dit nie vir julle was nie, was ons dood.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 0 vs 2 Manchester City | Bournemouth 3 vs 0 Brighton | Tottenham Hotspur 2 vs 3 Arsenal LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia | Real Betis 1 vs 1 Sevilla | Villarreal 3 vs 0 Rayo Vallecano | Granada 3 vs 0 Osasuna | Cadiz 1 vs 1 Mallorca SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari | Fiorentina 5 vs 1 Sassuolo | Napoli 2 vs 2 AS Roma | Atalanta 2 vs 0 Empoli | Bologna 1 vs 1 Udinese | Inter Milan 2 vs 0 Torino European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 14° | 33° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 17° | 33° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:38, High tide: 08:56, Low Tide: 15:10, High tide: 21:55 Swakopmund: 17° | 23° Wind speed: 19km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:54, Low Tide: 15:08, High tide: 21:53 Walvis Bay: 22° | 28° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:36, High tide: 08:53, Low Tide: 15:08, High tide: 21:52 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 32° Keetmanshoop: 21° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 18° | 29° Ariamsvlei: 21° | 34° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 17° | 26° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 15° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 28° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.61 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.43 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.69 | USD to EGP 47.81 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.56/OZ DOWN -0.0058 | Copper US$ 4.53/lb DOWN -0.0218 | Zinc US$ 2 877.00/T DOWN -0.16% | Brent Crude Oil US$ 84.30/BBP DOWN -0.043 | Platinum US$ 951.92/OZ UP +0.27%