Namibiërs moet mineraleregte van 15% behou
Die ministerie van myne en energie het vanoggend aangekondig minister Tom Alweendo het gesê enige lisensie vir mineraleregte mag slegs van een party na ’n ander oorgedra word, mits 15% belang in Namibiërs te besit bly.
Die besluit is ingevolge afdeling 47(2)(a) van die Wet op die Myn en Prospektering van Minerale, no. 33 van 1992, volgens die ministerie.
Dit sal vanaf 1 April 2021 van krag wees.
Die minister het die reg om lisensies toe te staan, op te skort, of belang daarin uit te deel, wanneer dit voldoen aan vereistes wat die minister vasgestel het.
Foto Traveli360.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie