Namibiërs moet meer bome plant

Myners doen hul deel

15 October 2019 | Landbou
Werkernemers van B2Gold se Otjikoto-myn het Vrydag tydens Nasionale Boomplantdag 1 000 bome en saailinge by die myn geplant.

Volgens die besturende direkteur van die myn, mnr. Mark Dawe, is dit die eerste keer dat hulle die dag vier.

“Ons probeer om die skade te herstel wat mynbouaktiwiteite aan die omgewing aanrig,” het hy gesê.

Volgens hom is inheemse bome soos kameeldoring en verskeie ander doringbome geplant.

Die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, het ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om bome te plant en beskerm om ontbossing te voorkom.

Hy het die beroep tydens vieringe op Omaruru gemaak.

“Dit is almal se verantwoordelikheid om ontbossing te bekamp terwyl die volhoubare lewensbestaan van alle gemeenskappe wat van bosbou afhanklik is, bevorder moet word.”

Wêreldwyd word boomplantdag gebruik om bewustheid oor die belangrikheid van alle woude en bome te skep. In Namibië word die dag vir die afgelope 27 jaar op elke tweede Vrydag in Oktober gevier.

!Naruseb het gesê mense moet daarvan bewus wees dat ontbossing meestal veroorsaak word deur die onvolhoubare omskakeling van bosgrond na landbougrond, asook veegebiede wat nie net die lewensbestaan van bosbouers, bosgemeenskappe en inheemse bevolking benadeel nie, maar ook die verskeie lewensvorme op die planeet bedreig.

“Die lewensbestaan en voedselsekuriteit van baie van die wêreld se arm mense is afhanklik van woude en bome. Toegang tot bosprodukte, goedere en dienste is van uiterste belang vir die lewensbestaan en veerkragtigheid van die armste huishoudings,” het hy gesê.

Hy het gesê boomplantdag word vanjaar gevier onder die tema “Bosse verhoog die veerkragtigheid teen droogte: Plant bome om die risiko's vir klimaatsverandering te verminder”. Die boom van die jaar is die Zambezi-kiaat (Baikiaea Plurijuga). - Nampa

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...