Namibiërs gaande oor Ees se nuwe video

17 August 2020 | Kuns en vermaak
Tanja Bause - Die Namibiese kunstenaar Ees se nuwe enkelsnit en video “Magic” is Vrydag bekend gestel en het binne twee ure oor die 6 000 kyke gekry.

Ees het ’n Zoom-vergadering met die span agter die Local Tourism is Lekker-groep gehad, waar hulle idees uitgeruil het oor hoe hulle alle Namibiërs kan kry om saam in hierdie uitdagende tye te werk.

“Ek het die idee gekry om ’n video van verskillende Namibiërs, gewone mense en bekende mense saam te stel. Ek het vir Nrupesh Soni van Local Tourism is Lekker genader om uit te vind hoe die groep my kan ondersteun om die boodskap te versprei en om die videogrepe bymekaar te sit. Dit was in April gewees en drie maande later is die video bekend gestel,” het Ees gesê.

Volgens Soni het hulle sowat 400 video’s ontvang van mense wat wys hoe hulle saam met die lied “Magic” sing of wat wys hoe hulle ander Namibiërs help.

“Ons het video’s van bekendes soos onder meer Michelle McLean, Jacques Burger, kunstenaars soos Dillish Mathews, Nadia Breytenbach, Oteya, Ras Sheehama, Lize Ehlers, Wambuseun en Riaan Smith ontvang. Ons het ook ’n snit van Shishani wat oorsee woon en selfs van Behati Prinsloo Levine ontvang. Die video was klaar saamgestel toe Behati vir Ees twee dae voor die bekendstelling gekontak het, en gesê het dat sy van die video gehoor het en baie graag deel daarvan wil wees. Maar die video bestaan ook uit talle gewone Namibiërs van oraloor die land,” het Soni gesê.

“Ek was baie opgewonde oor Behati se video uit Amerika. Ek wil lank al saam met haar werk omdat ons beide buite Namibië woon, maar steeds Namibië bevorder,” het Ees gesê.

“Dit was vir ons van Local Tourism is Lekker baie belangrik om betrokke te wees by die video wat Namibiërs wys wat gelukkig is en pret het. Mense wat met alles wat tans gebeur, saam kan staan en net hulself wees. Die video stel die eenheid van ons as Namibiërs ten toon en wys wat ons as ’n nasie kan doen en bereik as ons almal saamstaan. Niemand het geld vir die maak van hulle videosnitte ontvang nie en daar was geen borge by die maak hiervan betrokke nie. Dit is net Namibiërs wat bietjie hoop en glimlagte wil deel,” het Soni gesê.

“Ek hoop dat mense die mag van musiek kan besef en bewus raak van wat musiek kan doen. Kom ons word ’n sterker en verenigde Namibië en gebruik die lied as ’n motiveerder wanneer die tye moeilik raak,” het Ees gesê.

Gaan loer op die Facebook-bladsye van Local Tourism is Lekker, Ees of Republikein in om na die video te kyk. - [email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

9 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

9 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

9 ure gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

9 ure gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

9 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

9 ure gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...

Agri woeker met akademie

9 ure gelede | Onderwys

Corné Mouton Die uitbreek van Covid-19 het talle verandering vir almal mee gebring. Skole kon nie aangesig tot aangesig klas gee nie en leerlinge moes...