Namibiër vertel van sikloon Kenneth

'n Ooggetuie gesels oor die sterkste sikloon wat Mosambiek getref het sedert met moderne rekordhouding begin is.
Elvira Hattingh
Die 24-jarige Namibiër me. Eloise Grobler was een van vele mense in Mosambiek wat ’n bietjie meer as ’n week gelede angstig gewag het op die sikloon Kenneth – die sterkste een wat dié land getref het sedert met moderne rekordhouding begin is.
Nadat Kenneth groot verwoesting op die Comore-eilande in Tanzanië gesaai het, met winde wat tot 215 km per uur gewaai het, het Mosambiekse owerhede meer as 30 000 mense wat in die pad van die storm sou wees, na veiligheid geneem. Tog het dit steeds 41 mense in dié land gedood.
Gelukkig is die deel waar Grobler bly net deur die stertkant van die sikloon getref. Dit was dus nie nodig om die mense van die Diamonds Mequfi Beach Resort, waar sy sedert Mei verlede jaar werk, na veiligheid te neem nie.
“Ek kan nie vir jou verduidelik wat sulke tye deur mens se kop gaan nie; ’n mens gaan deur baie emosies. Party mense het uitge-freak.
“Ek is gewoonlik kalm tot alles verby is, dan eers tref dit my. Almal hier het dit egter redelik goed hanteer,” gesels Grobler vanuit Mosambiek.
Hulle was gelukkig, sê sy, want die dorpie net ’n ent verder, genaamd Pemba, asook ander dorpe verder noord, het erg onder die sikloon deurgeloop. Winde en oorstromings het talle geboue en huise vernietig, en grondstortings het ook voorgekom.
Die storm het daarna vir vyf dae lank alle kommunikasie met die buitewêreld afgesny en Grobler se familie was baie bekommerd oor haar. “My ma het ’n e-pos aan die maatskappy gestuur wat die hotel besit, en hulle het laat weet dat ons oukei is en dat ons kommunikasieseine net af is,” sê sy.
Grobler sê hulle was gereed om na nabygeleë hoogliggende grond te ver­skuif, sou dit nodig wees. “Elkeen het maar ’n rugsak gepak met die nodigste daarin. Dit is maar moeilik om jouself in so ’n situasie in te dink en te weet wat jy moet pak,” het sy gesê. Boonop sou sy die lodge se perde, waarvoor sy verantwoordelik is, ook na veiligheid moes neem. Haar werk is om gaste vir perderitte­ te neem.
Sy sê hulle het uiteindelik net baie sterk winde en reën sedert Donderdag 25 April ervaar, met die see wat deurlopend baie stormagtig was.
Grobler sê alhoewel dit die tweede sikloon binne ’n kort tydperk was om Mosambiek te tref, het die eerste een, Idai, verder noord getref en hulle nie geraak nie.
“Ek kom einde van die maand weer terug Namibië toe. Dit het niks met die sikloon te doen nie, dit gaan oor my werkskontrak hier verstryk. Dan gaan ek net vir familie kuier,” het sy gesê.
Sy sê toe die werksgeleentheid in Mosambiek opduik, het sy besluit om dit te aanvaar omdat sy as kind saam met haar ouers vir ’n paar jaar in dié land gebly het, en sy nog altyd wou teruggaan daarheen.
Intussen berig Nampa die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-­Amadhila, het Vrydag in Maputo die N$36 miljoen se noodvoorrade oorhandig wat die Namibiese regering aan die vloedslagoffers geskenk het. Die skenking bestaan uit 250 000 sakkies watersuiweringspoeier, asook 184 100 palette met blikkies ingelegde vis.
Sy was vergesel van die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, en die Namibiese hoë kommissaris in Mosambiek, me. Balbina Daes Pienaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A