Namibiër tot internasionale museumraad verkies
Dr. Jeremy Silvester, bestuurder vir projekontwikkeling by die Museumvereniging van Namibië, is tydens die driejaarlikse konferensie vir Museumverenigings van Statebondlande (CAM) in Calgary, Kanada, tot die CAM se raad verkies.
Silvester sal vir drie jaar, van 2017 tot 2020, saam met kollegas van Kanada, Guyana, Kenia, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Groot Brittanje op die raad dien.
Die nuwe president van die vereniging is dr. Richard Benjamin, direkteur van die Internasionale Slawemuseum. Volgens Silvester is sy verkiesing tot die raad 'n erkenning van die positiewe werk wat in die museumbedryf in Namibië gedoen word, asook van innoverende plaaslike projekte.
“Betrokkenheid by dié internasionale netwerk sal Namibië help om sy bande en vennootskappe met ander lande in die globale Suide te versterk. Dit sal veral 'n goeie geleentheid wees om verdere inligting in te win oor kulturele kunsskatte uit Afrika wat in Britse museums en ook ander museums in die Statebond gehou word,” het Benjamin gesê.
Die konferensie in Kanada het gepaardgegaan met 'n toer na erfenisgebiede wat deur inheemse gemeenskappe bestuur word.
“'n Aantal verdrae, wat die gemeenskappe tot die reservate beperk het, is ook tussen eerstewêreldlande en die Britse koloniale regering in Kanada onderteken.
“Die oorspronklike gebiede van die eerste lande word die afgelope jaar toenemend erken. 'n Voorbeeld hiervan is 'n gedenkteken wat by die Sarcee Nation buite Calgary opgerig is, wat erkenning gee aan die omliggende gebied se oorspronklike eienaars.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie