Namibiër leer Japanners lekker boerewors maak

In Miyako, Japan, het inwoners die afgelope naweek vir ’n oomblik van sushi vergeet en aan boerewors gesmul.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Japanners het Sondag in Miyako in die Iwate-prefektuur in die noordooste van die land weggelê aan boerewors en schnitzel wat deur ’n oud-Windhoeker tydens ’n Namibiese kultuurdag en kosdemonstrasie voorberei is.

Me. Anita Sasaki (nèe Buys, 50) het hulle ook geleer hoe om self boerewors te maak. Sy woon reeds 21 jaar in Miyako.

Sy was verlede jaar tydens die Rugbywêreldbeker in Japan een van die tolke wat besoekers aan Iwate by die stasie in Miyako verwelkom het toe die Namibiese span teen Kanada in Kamaishi, die buurdorp, sou speel. Anita was oorstelp van vreugde toe Republikein se Jol in Japan-span saam met ander Windhoekers by dié stasie aangekom het waar sy besoekers ingewag het.

Die wedstryd is gekanselleer nadat tifoon Hagibis te veel skade aangerig en toestande by die stadion onveilig was.

Dié oud-Windhoeker het haar hart op haar Japannese man, Toru Sasaki, verloor toe hy op ’n Walvisbaaise krapboot as visserman gewerk het.

Toe hy 21 jaar gelede terugkeer na sy tuisdorp Miyako, het sy hom gevolg en die twee is kort daarna getroud.

Sy praat vlot Japannees en het hulle drie kinders, Yuuta (21), Yuria (19) en Kota (13) in die Japannese kultuur grootgemaak.

Haar man is steeds in die seevaartbedryf, maar werk deesdae op groot vragskepe wat vraghouers oor die See van Japan karwei.

Anita sê die taal en die Japannese se eetgewoontes was destyds vir haar die grootste aanpassing. Intussen is sy bekeer tot sashimi en sushi en mis sy nie meer ’n gebraaide skaaptjoppie so baie soos toe sy net daar gekom het nie.

Sy het egter nie verleer om Namibiese kos te maak nie en is nog baie bedrewe met die worsstoppery.

Anita sê dit is vir haar lekker om die Japanners aan die Namibiese kultuur bloot te stel.

“Kan jy glo ek is die enigste Namibiër in die hele groot Japan (met sy 126 miljoen inwoners),” vertel sy. Anita besit haar eie Engelse skool waar sy vir laerskoolkinders leer Engels praat.

Haar kosdemonstrasie is op YouTube by https://youtu.be/W3Jr-MohVdI beskikbaar.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!