Namibiese skrywers blom
Namibiese skrywers blom
30 November 2020 | Kuns en vermaak
Vier Namibiese skrywers het op 19 November saamgespan en een groot boekbekendstelling by die Nasionale Museum in die hoofstad gehou.
Avril Cordom, ’n plaaslike skrywer wat ’n skryfkursus aanbied, het dié geleentheid gereël. Twee van haar skryfkunsstudente het daarin geslaag om hul boeke binne die vasgestelde tydraamwerk van 3 maande te skryf, 'n doelwit vir dié kursus.
Kaylah Cordom (17) se eerste roman vir tieners, Our Story, is onlangs gepubliseer. Sy sê sy het nooit besef dit is só maklik om ’n boek te skryf nie.
Die negejarige Aeron Abrahams se boek Ruffy in the Rough is ook gepubliseer. Sy suster Ashlynn was die illustreerder. Aeron se ma het vir Avril sy boek gewys. Sy het die potensiaal daarin raakgesien en besluit om die boek te redigeer en publiseer.
“Dit is wonderlik om te sien hoe die boek lewe gekry het,” sê sy.
MeQueen Mbambus, 'n onderwyseres, het Avril se kursus in September bygewoon en binne twee maande haar eerste boek, It's just life, saam met haar seun voltooi.
Avril het self in 2020 drie boeke neergepen, en sy glo dit is haar beste jaar nóg. Covid-19 het haar nie teruggehou nie, sê sy, aangesien sy deur haar skryfwerk van die sombere werklikheid kon ontsnap.
Vier ander boeke het reeds uit Avril se pen verskyn, twee jeugromans en twee selfhelpboeke vir volwassenes.
Die geleentheid was ’n reusesukses, sê Avril.
“Dit laat mense dink – as ’n 9- en 17-jarige se boeke gepubliseer kan word, hoekom nie myne nie?”
Hulle berei reeds voor vir nog ’n massabekendstelling in 2021, voeg sy by.
Avril skryf volgens die leuse: "Dis jou boek, jy kan skryf wat jy wil.” Haar doelwit is om Namibiese skrywers met potensiaal te bemagtig. Sy is vas oortuig, as mense 'n suksesvolle resep het om keer op keer ’n perfekte sjokoladekoek te bak, sy 'n perfekte resep het om binne drie maande 'n boek te skryf.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
47 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies