Namibiese skoonhede skitter

Yandi Du Plessis
Die Mej. Supranational-skoonheidskompetisie, wat van dieselfde gehalte as die Mej. Wêreld en Mej. Heelal-skoonheidswedstryde is, gaan nog volstoom voort. Dit, ten spyte van die inperking wat gedreig het om die geleentheid te kortwiek.

Dertien finaliste is verlede Saterdag amptelik by ’n geleentheid bekend gestel waar die beoordelaars, borge en ander betrokkenes soos grimeerkunstenaars en fotograwe teenwoordig was.

Die finaliste is:
Andeline Wieland
Zenobia Eises
Leoné van Jaarsveld
Mathilde Daniel
Nuukelo Malima
Johanna Nashandi
Shasmida Eiases
Chanique Rabe
Ashleigh Kleintjies
Rejoice Namupala
Monique Smith
Zandri Scholtz
Koviao Kapose


Die finaliste kom uit alle oorde van Namibië; van Windhoek tot Tses. Namibië bied vanjaar die geleentheid vir die eerste keer aan.

Yana Haenisch het Namibië verlede jaar by die internasionale kroningsgeleentheid in Pole verteenwoordig, waar sy as eerste prinses gekroon is. Dit was ’n mylpaal vir Namibië aangesien kandidate uit 77 lande deelgeneem het. Yana het egter nie aan plaaslike uitdunrondes deelgeneem nie, en die nasionale direkteur van Mej. Supranational, mnr. Willem Fourie, sê hulle is baie opgewonde om die geleentheid in Namibië aan te bied.

Die kroningsgeleentheid vind op 3 Oktober by Droombos plaas. Die wenner sal Namibië volgende jaar by die internasionale kompetisie, wat weer in Pole aangebied word, verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A