Namibiese kunstenaar veg vir ietermagôs

03 October 2017 | Omgewing
Francoise Steynberg



Petro Diamant is 'n Namibiese kunstenaar wat bewustheid oor bedreigde spesies skep.

Tydens haar onlangse reis na Amerika het sy by twee geleenthede bewustheid geskep en praatjies gelewer oor die ietermagô. Sy was by die sonsverduisteringfees in Oregon, wat deur 30 000 mense bygewoon is, asook by die Burning Man-fees by Black Rock City in die woestyn in Nevada, wat deur 80 000 mense bygewoon is.

“Meer as 80% van die mense met wie ek gesels het, het geen idee wat 'n ietermagô is nie, ook nie dat dit die wêreld se mees gesmokkelde soogdier is nie,” sê Petro, wat van Otjiwarongo af kom en tans in Kaapstad woon.

“Namibië se ietermagôs is in gevaar en dié bedriegde spesie word vir hul skubbe gejag en onwettig gesmokkel. Dit is hoekom ek my kuns ontwikkel.”

Die kuns waarna Petro verwys, is 'n driedimensionele kostuum met die naam “The Pangolin Flower”, wat die skubbe van die ietermagô verteenwoordig.

Dit het haar sowat ses maande geneem om te ontwerp en met die hand te maak.

In Amerika het Petro met die hoofmanne van inheemse stamme en medisynemense oor die belangrikheid van die beskerming van die aarde, water en lewe gesels.

“Ek het Namibië en Suid-Afrika verteenwoordig.”

Sy sê Burning Man, wat van 27 Augustus tot 4 September plaasgevind het, was 'n belewenis.

“Ek was verbaas oor wie almal daar was - van kreatiewe kunstenaars

tot skrywers en hoëprofielsakemanne.”

Petro werk nou saam met die Rare and Endangered Species Trust (Rest Namibia) naby Otjiwarongo. Sy kom binnekort Namibië toe om Rest Namibia te besoek.

Ander projekte waarby Petro as kampvegter betrokke is, is die be­skerming van renosters en jagluiperds.

Soortgelyk

 

Tsumeb-Otavi railway line upgraded to SADC standard

1 dag gelede | Infrastruktuur

TSUMEB - The upgrading of the railway line between Tsumeb and Otavi to the Southern African Development Community (SADC) standard has been completed by the...

Geingob erken ellende

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.Tydens die herdenking...

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

1 dag gelede |

Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se...

Kalender 22 Maart

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Kosie Beukes, Die Ventertjies, Heidi en Pieter Mohr is tans op ’n Namibiese toer en tree vanaand by die Duitse klub...

Katrina-verhoor in die pylvak

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur...

Weer

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie plek-plek....

Alle grappies op ‘n verhoog

1 dag gelede | Kuns en vermaak

NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29...

Dié siener is ‘die ware Jakob’

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van...

Ouderdom, siekte red bejaarde van tronkstraf

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting – Hans Peter Rothen (73) se ouderdom en sy bedenklike gesondheid het hom van ’n vonnis agter tralies gered.Regter Naomi Shivute het Rothen...