Namibiese film binnekort op Netflix

Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis – Die kortfilm Baxu and the Giants sal binnekort die eerste plaaslike film ooit wees wat op Netflix verskyn.

Die film is op 14 September verlede jaar uitgereik en het reeds verskeie internasionale toekennings ingeplam, insluitend die beste buitelandse narratief by die San Francisco Independent Short Film Festival en beste kinematografie by die Kanadese asook Europese Kinematografiese Toekennings.

Volgens die man wat die draaiboek neergepen en in die regisseurstoel gesit het, mnr. Florian Schott, het dié proses ’n groot aandeel in die film se bevordering gehad om op Netflix te verskyn.

“Met die film het ons na verskeie filmfeeste regoor die wêreld gereis waar ons talle regisseurs, verspreiders en agente teëgekom het. By die RapidLion International Film Festival in Johannesburg het my pad gekruis met dié van ’n Suid-Afrikaanse agent. Toe hulle hoor Netflix wil graag hul inhoud na kortfilms uitbrei, het hulle Baxu and the Giants voorgestel. Netflix het dadelik belangstelling in ons film getoon,” vertel Schott uit Duitsland.

“Hierdie dinge vat egter tyd en ons moes eers baie onderhandel. Daar is ook baie tegniese vereistes waaraan ’n film moet voldoen om Netflix se standaarde te haal.”

Volgens Schott is dié ’n wonderlike geleentheid vir die plaaslike bedryf, nie net vir filmmakers nie, maar ook vir die hele rolprentgemeenskap.

“Die feit dat ’n Namibiese film op Netflix verskyn, beteken ons het nou die potensiaal om meer plaaslike films op ’n internasonale vlak te versprei. Ons maak nie nou meer net films vir plaaslike gehore nie, maar moontlik vir gehore regoor die wêreld.”

Die verhaal fokus op die sosiale verandering wat in ’n moderne Namibiese landelike gemeenskap meegebring word deur renosterstropery, soos vertel uit die oogpunt van ’n negejarige meisie. Met dié narratief beoog Baxu and the Giants om bewustheid onder jong gehore, veral kinders en tieners, te skep oor omgewingskwessies soos renosterstropery en om die gesprek aan die gang te hou.

“Ons hoop vele jongmense sal dit te sien kry en dat hulle meer respek vir die natuur en die omgewing daaruit leer,” sê Schott.

Hy sê die spesifieke datum waarop die film op Netflix sal verskyn, is in dié stadium nog nie bekend nie, maar dit sal beslis binne die volgende paar weke wees.

Hy het sy dank uitgespreek aan al die individue en instansies wat die rolprent laat realiseer het. “Dankie aan almal wat deel was van dié mooi reis. Almal wat hul passie en talent gedeel het. Ons sou nie hier wees sonder julle nie.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.45 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.27 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 199.60/OZ UP +0.40% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0019 | Zinc US$ 2 441.60/T DOWN -0.61% | Brent Crude Oil US$ 86.61/BBP UP +0.26% | Platinum US$ 896.95/OZ UP +0.23%