Namibië wen respek
Tjiuee Uanivi wen een van sy nege lynstaanballe in gister se aksiebelaaide Wêreldbekerrugbyskouspel teen die All Blacks in die Tokio-stadion. Die onderskatte Namibiërs het Nieu-Seeland veral in die eerste helfte behoorlik opgedreun en het gewys hulle is week ná week op 'n skerp opwaartse leerkurwe. Die All Blacks het met 71-9 gewen, maar dit was agterna Namibië wat met die meeste lofprysings weggestap het – soos in ons sportbladsye berig word. Foto Nampa/AFP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie