Namibië voer die seekospape
Des Erasmus - Namibië kan ‘n spens van die wêreld se smulpape op die gebied van seekos word danksy broeikaste vir oesters en perlemoen wat by Lüderitz en Swakopmund in produksie is.
Die plaaslike produksie van die saad vir Namibiese produsente vrywaar die bedryf ook van siektes wat na die bedryf oorgedra kan word wanneer saad uit ander bronne ingevoer word, sê die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau.
Esau het in sy beleidstoespraak oor die visbron op Walvisbaai gesê ‘n mylpaal is in 2016 bereik met die vestiging van ‘n nuwe aanleg vir die produksie van oestersaad. Gesonde saad sal deur die aanleg aan Namibiese produsente beskikbaar gestel word.
Die ontwikkeling vorm deel van ‘n meesterplan vir ‘n Namibiese waterboerdery oor die volgende tien jaar.
Namibiese skulpvisproduksie, hoofsaaklik oesters, het verlede jaar sowat 500 ton verteenwoordig. Die meeste van die oesters is na Suid-Afrika en lande in die ooste van die Asiatiese blok uitgevoer. Die belangrikste produksievelde was by Swakopmund, Walvisbaai en Lüderitz. Belowende ontwikkeling vind ook by Oranjemund plaas. Die toestande vir skulpvisproduksie was in die algemeen goed.
Skadelike algevrystellings was wel vir kort onderbrekings in produksie in die Walvisbaai-gebied verantwoordelik.
Mnr. Esau sê ‘n groter verskeidenheid op die gebied van produksie kan lei tot ‘n verligting van die druk wat nou op die visbron geplaas word. Dit kan ook tot groter voedselsekuriteit bydra.
Die regering hou volgens Esau vol met die vestiging van binnelandse visserye.
In Julie verlede jaar is die Hardap Binnelandse Akwakultuursentrum opgradeer. Die nuwe vispoele kan van 4 tot 7,5 ton bemarkbare vis per maand lewer. Die herontwerpte broeiveld kan ook sowat 31 000 klein vissies per maand lewer. Die vingerlinge sal weer aan visboere in die Suide beskikbaar gestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie