Namibië verbind tot Parys-klimaatverdrag

Trump spot met Thunberg

27 September 2019 | Omgewing
Francoise Steynberg - President Hage Geingob het Woensdag Namibië se toewyding aan die implementering van die Parys-verdrag oor klimaatsverandering bekragtig.

Hy het ook die land se vyfjaar- aksieplan teen klimaatsverandering vandeesweek by die Verenigde Nasies (VN) se klimaatberaad ingedien.

Geingob is tans by die beraad, waarvoor net sowat 60 staatshoofde opgedaag het.

Hy is een van 136 staatshoofde wat veronderstel was om die beraad in New York, in die VSA, by te woon, maar minder as die helfte het Maandag by die VN se Algemene Vergadering ((UNGA74) opgedaag.

Die groot ster by die geleentheid was die Sweedse omgewingsaktivis, die 16-jarige Greta Thunberg, wat wêreldleiers daarvan beskuldig dat hulle haar generasie uitgelewer het deur nie die kwessie van kweekhuisgasse te pak nie.

“Hoe durf julle?” het sy vier keer in haar emosionele toespraak aan staatshoofde gevra.

“Jul leë woorde het my drome en my kinderlewe gesteel.”

Die grootste bydraers tot kweekhuisgasse, China en Indië, het geen nuwe aankondigings gemaak nie en omgewingsaktiviste ontstoke gehad.

China se senior beampte vir buitelandse beleid, mnr. Wang Yi, het Amerika se pres. Donald Trump gekritiseer, wat aan die Parys-verdrag onttrek het.

“Die onttrekking van sekere partye sal nie die gesamentlike wil van die internasionale gemeenskap ruk nie,” het Wang gesê.

Trump het deelnemers aan die beraad Maandag verras toe hy ongeskeduleerd by die beraad opgedaag het.

Hy het op Twitter oënskynlik met Thunberg gespot toe hy ’n videogreep van haar toespraak by die beraad geplaas het met die kommentaar: “Sy lyk soos ’n baie gelukkige jong meisie wat na ’n wonderlike toekoms uitsien. Dis so goed om te sien!”

Terwyl Thunberg benoem is vir die Nobelprys vir vrede, wat volgende maand aangewys word, het Trump Maandag gesê hy voel hy verdien self hierdie eer.

“Ek dink ek sou ’n Nobelprys vir baie dinge kry as dit regverdig uitgedeel sou word, maar dit is nie die geval nie.”



Mnr. António Guterres, die VN se sekretaris-generaal, het gesê: “Klimaatsverandering is ’n wedloop wat ons besig is om te verloor, maar dis ’n wedloop wat ons kan wen.”

Geingob het Maandag by ’n hoëvlakpaneel vir volhoubare oseaan-ekonomie gesê N$74 miljoen is vir oseaannavorsing en -beskerming in Namibië begroot, waarvan N$34 miljoen vir navorsing oor visvoorraad en mariene ekostelsels geoorloof is.

Hy het ook aangekondig Namibië wil teen 2020 ten minste 10% van die land se eksklusiewe ekonomiese sone as ’n beskermde mariene gebied verklaar met Namibië se hele kusgordel wat as nasionale parke geproklameer is.

Dít sluit drie Ramsar-gebiede langs die kus in: die Oranjeriviermond, Sandvishawe en die Walvisbaaistrandmeer.

“Namibië se mariene waters wat minder as 200 m diep is, is teen kommersiële visvangaktiwiteite beskerm, want dit is ’n broeigebied vir vis,” het Geingob gesê.

Hy het ook gesê Namibië is toegewy daaraan om teen 2022 sowat 144 MW bykomende windkrag by Lüderitz op te wek.

“Namibië is in die finale stadium van die bekragtiging van die konvensie op die voorkoming van skepe se besoedeling, wat ’n 50%-vermindering in skepe se kweekhuisgasse teen 2050 insluit,” het hy gesê.

- Eie berig/News24/Netwerk24

[email protected]

Soortgelyk

 

Man steel glo mediese toerusting by staatshospitaal

3 ure gelede | Misdaad

Die polisie in die Kavangostreek het ’n man in hegtenis geneem wat na bewering mediese toerusting uit die staatshospitaal op Rundu gesteel het. Die man...

Man met hope wildprodukte vas

4 ure gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

8 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

19 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

19 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

19 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...