Namibië Toerisme Ekspo gee 'n miljoen weg

Interaktiewe geleentheid van 4 tot 7 November

07 September 2020 | Toerisme
“Om die jaarlikse Namibië Toerisme Ekspo (NTE), maar veral plaaslike toe­risme te bevorder, gaan Namibia Media Holdings (NMH) 'n miljoen Namibiese dollar in die toerismebedryf belê.

“Dit deur afslag-reisbewyse ter waarde van N$1 000 elk tydens ­verskeie promosies weg te gee, wat in die media tussen 7 September en 7 November 2020 aangebied sal word,” sê Albé Botha, NMH se uitvoerende hoof.

Vanjaar se NTE sal nie deur die Covid-19-pandemie belemmer word nie omdat dit as 'n interaktiewe geleentheid beplan is, wat tussen 4 en 7 November by SKW-gronde in Windhoek aangebied word.

Die kompetisie is ook nie net tot NMH beperk nie. Die publiek kan deur beide gedrukte of elektroniese media deelneem.

Vrae sal daagliks in die NMH-groep se koerante, naamlik die Republikein, Namibian Sun en ­Allgemeine Zeitung, asook op internetgebaseerde publikasies en die res van die NMH-publikasies gevra word en wenners sal aan­gekondig word.

'n Persoon kan slegs een afslag-reisbewys wen wat by die NTE 2020 opgeëis kan word wanneer 'n vakansie of ­akkommodasie by enige van die uitstallers se stalletjies bespreek word.

Die NTE slaan 'n nuwe baadjie om in die sin dat ­uitstallers aangemoedig word om aanlyn met die publiek in inter­aksie te tree.

Boonop sal dit aan besoekers die geleentheid bied om lodges, ­jagplekke, gastehuise en -plase en eksklusiewe verblyfsplekke ­virtueel te besoek.

Soortgelyk

 

‘Regering betaal vir sy sonde’

15 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Vandag se halfjaar-begrotingshersiening sal waarskynlik gekenmerk word deur ‘n nóg groter skuldlas, min - indien enige - verligting en die swaard van...

Veldbrande verswelg Etosha, Nina

15 ure gelede | In beeld

Terwyl daar gister vir die derde dag teen veldbrande in die Nina-omgewing (foto) geveg is, het ’n weeklange brand reeds 253 400 hektaar in die...

Drama oor wit uitlatings stoom voort

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Veral ná die pyn van Namibië se verlede behoort elke mens in die land as ’n individu beskou te word in plaas...

Young, Wild and Free Nikhita

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati “I am unique because my journey is unique, my experiences in life, my thoughts, my words, and my actions make me unique.”Known for...

Prowealth-beleggers se eis oplaas gehoor

15 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Byna 12 jaar nadat die Prowealth-kaartehuis met die selfdood van die stigter van dié beleggingsgroep, mnr. Riaan Potgieter, ineengestort en tientalle beleggers...

Etosha-brand eis 253 400 ha

15 ure gelede |

Elvira Hattingh - Teen gistermiddag het brande wat reeds vir langer as ’n week in die Etosha Nasionale Park woed altesaam sowat 2 534 km2...

Weer, Dinsdag 20 Oktober 2020

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hittegolftoestande sal voortduur in die verre noordelike streke. Tref asseblief voorsorg.BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Weste en die ||Kharasstreek. Elders...

Namibia Allied Youth Organisation strikes with essay contest

15 ure gelede | Skole

Enzo AmueleThe Namibia Allied Youth Organisation (Nayo) recently announced the winners of its just-ended Inspiring Through Literature essay contest, which began during Namibia’s first lockdown...

Development Bank of Namibia donates classrooms to rural school...

15 ure gelede | Onderwys

The Development Bank of Namibia (DBN) has donated a block of three classrooms valued at N$457 000 to Sakaria H Nghikembua Primary School in the...