Namibië steun rotasie van Pan-Afrika-leiers

Verdeeldheid binne parlement word konfrontasie

12 June 2021 | Internasionaal
Augetto Graig



Die adjunk-Speaker en leier van die Namibiese afvaardiging, me. Loide Kasingo, het verlede week terugvoering gegee oor gebeure wat die vierde gewone sitting van die vyfde Pan-Afrika-parlement (PAP)in Suid-Afrika op 1 Junie finaal tot stilstand geruk het.

Kasingo het 'n groep Namibiese wetgewers gelei wat die land sedert 21 Mei in Johannesburg teenwoordig het.

Sy sê die PAP-sitting moes opgeskort word toe die twis oor die president-skap tussen die verskillende koukusse binne die vasteland se wetgewende liggaam later fisiek geraak het.

Kasingo sê die rotasie van geografiese leierskap is lank 'n beginsel van die Afrika-unie (AU), maar die noordelike en suidelike streke is sedert PAP se ontstaan in 2004 van dié geleentheid ontneem.

“Die beginsel van geografiese rotasie is 'n gevestigde beginsel binne die AU. Die beginsel is konsekwent toegepas met wetlike verpligtinge binne die hele unie. Dit was die twispunt in die onlangse sitting van die PAP in Midrand, Johannesburg.

“Die afgelope 17 jaar van PAP se bestaan is die presidentskap deur die oostelike, sentrale en twee keer deur die westelike streek gehou. Die noordelike en suidelike streke het nog nooit die geleentheid gehad om die instansie te lei nie,” brei sy uit.

Volgens haar het die teenstand teen die afdwing van die rotasie van leier­skap, veral van lande in die westelike koukus, in chaos ontaard. Dit het gelei tot die opskorting van die verkiesing van nuwe leierskap, en die beëindiging van die sitting.

“Die Suider-Afrikaanse streek het standpunt ingeneem en geëis dat die beginsel van geografiese rotasie toegepas moet word. As dit nie oorweeg word nie, sal geen verkiesings plaasvind nie. Die westelike, en sommige van die ander koukusse, het die eis teengestaan, wat gelei het tot chaos wat nie beheer kon word deur die komitee wat vir die verkiesingsproses verantwoordelik was nie," sê sy.

Mnre. Hamunyera Hanbyuka, Gerhardus Shiimi en McHenry Venaani, die leier van Namibië se amptelike opposisie, het Kasingo vergesel.

Venaani het op 'n spreekbeurt aangedring en gesê: “Die fundamentele rede hoekom die Afrika-unie sedert sy stigting praat van rotasie van leierskap, is juis om die konflik te vermy waarop ons nou afpyl.”

Volgens hom is daar “verdeeldheid binne die Pan-Afrika-parlement, tussen die westelike koukusse en tussen Franssprekende en Engelssprekende land. Dit is veral die Franssprekende lande wat die tirannie van getalle toepas.

“Julle pas die tirannie van getalle toe. As ons vrede en eenheid wil hê, moet ons rotasie van leierskap toepas. Dit kan nie net altyd julle wees nie. Gee ook die geleentheid vir iemand anders om die Afrika-unie te lei,” het hy gesê.

Kort daarna was dit chaos, met van die parlementslede van verskillende land wat selfs handgemeen geraak het.

Die klerk van PAP, mnr. Vipya Harawa, het in 'n amptelike vrystelling gesê die opskorting van die sitting belemmer die poging om 'n nuwe president en visepresident te verkies.

“Besonderhede oor die pad vorentoe, insluitend 'n tydsraamwerk vir die hervatting van die gewone sitting, sal mettertyd gekommunikeer word,” volgens hom.

PAP is die wetgewende liggaam van die Afrika-unie met toesig- en raadgewende verantwoordelikheid.

Die tema vir die sitting was “Kuns, kultuur en erfenis: 'n Hefboom om die Afrika te bou wat ons wil hê”.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...