Namibië spog met rekordgraanoes

Kommer oor droë Suide, Weste

31 August 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - Namibië spog vanjaar met ’n rekordoes in al sy graanproduserende gebiede, met die totale oesskatting wat wys sowat 174 900 ton graan is plaaslik geoes.

Dit is ’n verbetering van sowat 270% op verlede jaar se ramp-oes van slegs sowat 47 300 ton, asook ’n 41% verbetering op die langtermynoesgemiddeld van sowat 124 000 ton.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het gister (27 Aug) 'n verslag oor gewas-oeste en huishoudelike voedselsekuriteit vir die 2019-’20-seisoen uitgereik, nadat ’n opname tussen 26 Mei en 22 Junie in die sewe grootste kommunale gewasproduserende gebiede uitgevoer is.

Hiervolgens het goeie reën oor groot dele van die land nie net vir vanjaar se rekordoes gesorg nie, maar huishoudelike voedselsekuriteit aansienlik verbeter.

Kommer heers egter oor die Suide, Weste en sekere sentrale dele waar reën láát en min was en droogtetoestande steeds voortduur.

INDIVIDUELE GEWASSE

Mielieproduksie in kommersiële gebiede het aansienlik verbeter en staan op 55 800 ton – wat ’n verbetering van sowat 94% op verlede jaar se oes van 28 800 ton is. Die kommersiële mielieoes is ook 29% beter as die langtermyngemiddeld van 43 200 ton.

Mielieoeste in kommunale gebiede, naamlik die Zambezi-, Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek, staan vanjaar op 8 300 ton. Dit is sowat 525% beter as verlede jaar se oes van net 1 300 ton, terwyl dit ook 24% bó die langtermyn gemiddelde oes van 6 600 ton is.

Mielieproduksie was goed in veral die Zambezistreek. Dié streek se eie langtermyngemiddeld is met 59% oortref, terwyl verlede jaar se oes met 540% verbeter is.

Alhoewel die Kavango-Oos- en Kavango-Wesstreek se mielieoes ook 128% beter as dié van verlede jaar is, is dit steeds 91% minder as die langtermyngemiddeld. Volgens boere uit die gebied het hulle vanjaar minder mielies geplant, terwyl die herfskommandowurm ook skade aangerig het.

In die verslag word aangedui dat veral droëlandoeste vanjaar presteer het, met sowat 52% (33 456 ton) mielies wat op droëland geoes is, terwyl 48% (30 583 ton) van die mielieoes onder besproeiing gekweek is.

Mahangu het ook ’n rekordoes gelewer en staan op 95 100 ton teenoor verlede jaar se 9 300 ton, wat ’n 926% verbetering verteenwoordig. Ook is vanjaar se oes sowat 65% beter as die langtermyngemiddeld van 57 500 ton.

Sorghumoeste het met 788% verbeter en staan vanjaar op 3 400 ton, maar dit is steeds 51% minder as die langtermynoesgemiddeld van 7 100 ton. Die ondergemiddelde produksie word egter aan ’n saadtekort toegeskryf.

Oestyd het nog nie vir koring aangebreek nie, wat slegs kommersieel en in die winter geproduseer word. Tog sal daar na verwagting ook 63% (of 12 300 ton) koring méér as verlede jaar geoes word, wat sowat 29% bo die langtermyngemiddeld is.

REËN

“Ten spyte daarvan dat die reënseisoen laat gekom het, is goeie reën oor die groter dele van die land ontvang, wat vir ’n aansienlike verbetering in landbouproduksie gesorg het,” lui die verslag.

“Huishoudings meen egter vanjaar se oes sal hulle tot die volgende oes in Mei 2021 hou, terwyl weidingstoestande en die beskikbaarheid van water vir vee ook aansienlik verbeter het. Talle boere het hul oesreste aan kommersiële meulens en ander partye begin verkoop.

“Tog heers kommer oor huishoudelike voedselsekuriteit in veral die ||Kharas-, Hardap-, Erongo-, suidelike Khomas- en suidelike Kunenestreek waar kwesbare groepe gemonitor moet word.”

Die ministerie sê hulle is ook besig om silo’s, of die nasionale strategiese voedselreserwes (NSFR) uit die rekordoes aan te vul en die proses sal tot in Oktober voortduur.

“Die reserwes was egter op 27 Julie baie laag en het op net 4,55% van die totale kapasiteit gestaan,” lui die verslag. - [email protected]

Soortgelyk

 

22 gevangenes toets positief vir Covid-19

6 ure gelede | Gesondheid

Twee-en-twintig gevangenes van die Sentrale Gevangenis in Windhoek is deel van die 34 nuwe Covid-19-gevalle wat in die hoofstad aangeteken is. Volgens die minister...

Beweerde baba-ontvoerder gou vasgetrek

11 ure gelede | Misdaad

Kristien Kruger – ’n Beweerde baba-ontvoering het inwoners van Havana geskok net weke ná twee gruvoorvalle in dié informele nedersetting in die hoofstad.’n Twee maande...

Noorde brand wéér

21 ure gelede | Omgewing

‘n Groot veldbrand woed tans naby Tsumeb, met een persoon wat sê hy kon bykans nie verby die vuur kom om die dorp binne te...

345 leerlinge toets positief vir Covid-19

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Tot op hede het 345 leerlinge in Namibië positief vir Covid-19 getoets. Die meeste is in die Oshikotostreek en wel 170 (49,3%)...

Viskwota-sirkus

21 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die regering se viskwotaveiling het klaaglik misluk.Van die beoogde N$628 miljoen wat die regering uit die kwotaverkope vir maasbanker, stokvis en monnikvis...

Jooste skors Nida-raad

21 ure gelede | Regering

Elvira HattinghDie huidige raad van direkteure vir die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), is gevra om hul kantore te ontruim en is die afgelope...

Weer vir 1 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met 'n paar buie, andersins sonnig en baie warm tot warm in die //Karasstreek.KUS: Gedeeltelik bewolk...

Lucia sterk goed aan

21 ure gelede | Gesondheid

Tanja Bause Vier maande nadat Lucia Soroses (8) met ernstige brandwonde na die sentrale hospitaal in Windhoek verplaas is, sterk sy goed aan.Mnr. George Olivier...

Meer as miljard vir MIV-stryd

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDie bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat...