Namibië se stryd teen korrupsie
Min ervaring, kapasiteit en geld
Elvira Hattingh - “Namibië word as 'n tipe 'eiland van sukses' op die Afrika-vasteland beskou as dit by teenkorrupsie en goeie staatsbestuur kom. Boonop is met teenkorrupsie-werk begin nog vóór die bekragtiging van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie (UNCAC).”
Mnr. Frederiko Links het verlede week tydens die bekendstelling van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se navorsingstuk oor Namibië en UNCAC gesê hoewel die vordering in die regte rigting maak, is dit ook duidelik dat owerhede deur sekere uitdagings gekniehalter word.
“'n Tekort aan ervaring, ekspert-kennis en spesialiteitsvaardighede, tesame met beperkinge as dit by fasiliteite en geld kom, is langtermynprobleme wat skynbaar in die afsienbare toekoms gaan voortduur,” het Links gesê.
Hierdie volg nadat UNCAC sy eerste evaluering van Namibië in 2015 afgesluit het, wat die land op grond van kriminalisering en wetstoepassing asook internasionale samewerking beoordeel.
Die tweede fase van evaluering vind nou plaas wat insluit dat die land op grond van voorkomende maatreëls teen korrupsie geëvalueer word.
Algemene riglyne oor hoe Namibië beter in die stryd teen korrupsie kan vaar, sluit in dat ''n meer inklusiewe proses gevolg word as dit byvoorbeeld by die burgerlike samelewing en private sektor kom en om te verseker die land voldoen aan die UNCAC-vereistes.
“Platforms moet geskep word waarvan verskeie belangegroepe deel kan vorm, of bestaande liggame soos die Nasionale Teenkorrupsie-bestuurskomitee, moet ruimte maak vir groter openbare deelname.
“Die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) en ander belanghebbendes moet beter bewustheid by die publiek oor die UNCAC- evalueringsproses kweek deur byvoorbeeld mediaverklarings vry te stel.
“Owerhede – polities, burokraties en regulatories – moet besef die doeltreffende bevegting van korrupsie hang nie net af van agentskappe, wetstoepassende liggame of die gereg nie, maar vereis dat die burgerlike samelewing en groter publiek daarby inkoop.
“Dit is iets wat owerhede in Namibië skynbaar nie besef nie. Vir Namibië om doeltreffende vooruitgang te maak, is dit belangrik dat die burgerlike samelewing ''n prominente plek moet inneem as dit by die besprekings- en besluitnemingstafel kom,” het Links gesê.
Volgens hom sluit ander riglyne in dat wetgewende maatreëls om byvoorbeeld beter deursigtigheid en verantwoording te skep as dit by strategiese regeringsgebiede kom, dringend toegepas moet word.
“Die instelling van wette oor toegang tot inligting, hokaai-roepers en die beskerming van getuies moet geprioritiseer word. Ons moet ons kapasiteit versterk soos voorgeskryf in die 2015-hersieningsverslag van die Verenigde Nasies se kantoor vir dwelms en misdaad (UNODC).
“Laastens moet die ACC in samewerking met belanghebbende regeringsagentskappe aksieplanne openbaar maak waar ons misluk het om aan UNCAC-vereistes te voldoen.”
Namibië het reeds ''n lang pad geloop in die stryd teen korrupsie, maar die UNCAC-evaluering het spesifieke probleme uitgelig wat deur uitdagings soos die beskikbaarheid van hulpbronne en geld belemmer word.
In die verslag word na verskeie artikels in die teenkorrupsiewet verwys asook wat die uitdagings is wat verhinder dat dit na behore toegepas kan word en hoe dié uitdagings die hoof gebied kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie