Namibië se onontginde waterpotensiaal

Voorbereiding vir Wêreldvoedselstelselberaad begin

03 August 2021 | Maatskaplik
Elvira Hattingh



Daar is ruimte om bykans 300 Mm³ (miljoen kubieke meter) méér water per jaar vir besproeiingsdoeleindes in Namibië in te span.

Boonop is vir die groter Namibië potensiaal jaarliks tot 'n miljard kubieke meter water in totaal beskikbaar, maar die nodige ontwikkeling en infrastruktuur moet eers aangebring word om dit te kan benut.

Tans is die nasionale vraag na water sowat 334,100 Mm³ per jaar.

Me. Maria Amakali, die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direkteur van waterbestuur en die waarnemende adjunk- uitvoerende direkteur in die afdeling vir waterwese het Donderdag gesê water is 'n sleuteldryfkrag binne 'n voedselstelsel.

Sy is van mening dat veral water in standhoudende riviere op ons grense benut moet word.

Sy het die opmerkings tydens 'n nasionale gesprek oor die voedselstelsel in Namibië gemaak, wat ter voorbereiding van die Verenigde Nasies (VN) se Wêreldvoedselstelselberaad in September begin het.



BESPROEIING

Sowat 33% van die beskikbare water in Namibië (135,275 Mm³) gaan vir besproeiingsdoeleindes, terwyl tot 415,028 Mm³ daarvoor toegestaan is.

Alhoewel gebiede soos die Nossob-Auob, die Omaruru-Swakop en die Ugab-Huab reeds hul potensiaal vir besproeiing bykans ten volle benut, is daar groot ruimte vir uitbreiding, het sy verduidelik.

Veral die Kunene-, Kavango-Omatako-, die Oranje-Visrivier asook die Zambezi-Kwando-Linyanti-gebied bied sterk potensiaal vir uitbreiding as dit by besproeiing kom. Die meeste groenskemas kan ook nog uitbrei en veel groter gebiede onder besproeiing plaas.

Dit sluit in die Neckartalskema, waar tans tot 5000 hektaar onder besproeiing geplaas kan word. Groenskemas het tot dusver net besproeiingsinfrastruktuur ontwikkel op 3 392 hektaar (29%), terwyl in totaal 11 531 hektaar beskikbaar is.

Sy is van mening dat ontwikkeling van stapel gestuur moet word om water uit standhoudende riviere op ons grense te benut – iets waaroor daar dringend met buurlande onderhandel moet word en wat andersins 'n verlore geleentheid sal wees.

Sy sê kitsvloede in ­binnelandse riviere wat kortstondig vloei as dit reën, moet ook ten volle benut word. Baie van die water word reeds in damme opgegaar.

Die riviere dra egter ook heelwat water. Die ­Visrivier asook sy dreineringstakke na die Oranjerivier is die grootste en voer jaarliks die meeste water weg – ­gemiddeld 660 Mm³.

Die grootste standhoudende rivier op Namibië se grense is die Zambezirivier, wat sowat 40 000 Mm³ per jaar dra. Daarnaas dra die Oranjerivierstelsel, wat die Visrivier insluit, sowat 11 000 Mm³ water per jaar.

In Namibië kom 60% van die water wat gebruik word, van ondergrondse bronne. Dit sluit in water van akwifers in die Karst-gebied, Ohangwena II, die laer Kuiseb, Omdel, Koichab, by Otjiwarongo, Windhoek en Stamp­riet. Namibië se ondergrondse water is oor die algemeen van goeie gehalte, buiten dat dit brak of sout in die sentrale noorde en verre suide is.

Amakali sê Namibië se reënneerslae is egter baie oneweredig en onvoorspelbaar, terwyl verdampingsyfers uitsonderlik hoog is. “Boonop word voorspel dat klimaatsverandering Namibië se weer nog meer onvoorspelbaar gaan maak,” het sy gesê.



TOEKOMS

Amakali het verduidelik die landbousektor gebruik tans tot 66% van die beskikbare water in die land – vir beide lewende hawe en besproeiingsdoeleindes. Dorpsgebiede, wat vervaardigers insluit, slurp sowat 19,7% van beskikbare water op, terwyl die toerisme- en mynbedryf onderskeidelik net 5,9% en 4,8% water gebruik.

In 2008 het die besproeiingsbedryf ongeveer 135,300 Mm³ gebruik. Na verwagting sal dié aanvraag verdriedubbel teen 2030, wanneer die bedryf na verwagting tot 497,200 Mm³ water sal benodig.

Amakali sê vir die toekoms sal koördinering in die besproeiingsektor baie belangrik wees.

“Daar is steeds baie water wat ontwikkel moet word – ook vir voerproduksie – maar in gebiede waar water volop is,” het sy gesê.

In 'n nuusvrystelling Woensdag het die ministerie van landbou, water en grondhervorming, met die Wêreldvoedselprogram (WFP) en die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO), aangekondig dat dié gesprekke nog tot 16 Augustus sal voortduur.

[email protected]

Soortgelyk

 

Creativity and mental health: Where do we overstep

10 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

10 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

10 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

10 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

10 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...

Jessica Ashley stel vandag enkelsnit vry

10 ure gelede | Byvoegsels

Die jong sangeres Jessica Ashley (Strydom) van Swakopmund stel vandag haar eerste enkelsnit – wat sy self geskryf het – vry. Die lied “Only 9”...

'n Liefdesgedig aan bedreigde spesies

10 ure gelede | Byvoegsels

Yandi du Plessis Wilde Kind se vollengte studio-album Omhanda is gister op alle stromingsplatforms uitgereik.“Omhanda” is die Oshiwambo-woord vir renoster. “Renosters is spesiaal vir Namibië...

Voortrekkers ná 90 jaar nog op koers

10 ure gelede | Byvoegsels

Die Windhoek-Schlengemann-kommando van die Namibiese Voortrekkers bied vanaand, in samewerking met Netwerk Namibië en Windhoek Afrikaanse Privaatskool, 'n plaaslike vertoning van die aanlyn konsert, Hou...

Learning through play

10 ure gelede | Gemeenskap

Mariselle StofbergStimuBox is an online store that produces and sells personalised sensory boxes. These boxes contain fun and simple, age-appropriate activities that help with the...