Namibië rock stééds

19 June 2020 | Kuns en vermaak
Yandi du Plessis - Ten spyte daarvan dat dit katte en honde gereën het, was die Camp Rock-musiekfees wat tussen 28 Februarie en 1 Maart vanjaar plaasgevind het, 'n reusesukses. Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Anton Goosen, Francois van Coke, Spoegwolf en die Radio Kalahari Orkes, asook plaaslike kunstenaars soos Vaughn Ahrens, Jacob & Taylor en John Rock Prophet het feesgangers op 'n musikale reis geneem.

Namibiërs kon klaarblyklik nie tot volgende jaar wag vir die volgende Camp Rock nie, want van 3 tot 5 Julie bied Camping in Namibia en Steinheim Farm, die organiseerders van die oorspronklike geleentheid, After Camp Rock – the River Rocks, aan.

“Baie mense kon nie die eerste Camp Rock bywoon nie of die swaar reën het hulle weggehou. Baie het gevra vir 'n Camp Rock-after party. En hoekom nie? Ons wou in elk geval idees uitruil vir Camp Rock 2021, toe besluit ons om die twee te kombineer. The River Rocks is 'n klein, intieme weergawe van Camp Rock,” sê me. Evane Storbeck, die eienaar van Camping in Namibia en die oorspronklike baasbrein agter dié musiekfees.

Storbeck sê dié keer sal die geleentheid meer informeel wees.

“Daar gaan nie 'n biertent of verhoog wees nie, net 'n goeie setup met goeie rockmusiek, 'n groot vreugdevuur en 'n bring-en-braai.

Daar sal ook genoeg toilette en storte met warm water beskikbaar wees.”

Dié geleentheid is nie net 'n poging om die plaaslike toerismebedryf te ondersteun nie, maar ook plaaslike kunstenaars wat sonder 'n inkomste gelaat is deur die Covid-19-pandemie en die gevolglike inperking.

Storbeck het juis vroeër vanjaar gesê kamp en musiek is twee van haar groot passies. Dit is dus glad nie verbasend dat sy nou haar bes doen om dié bedrywe te ondersteun nie.

Vier plaaslike sangers gaan feesgangers gedurende die naweek vermaak. PD Stoman, Vaughn Ahrens en Jacob & Taylor keer almal terug en Riaan Smit is die groot trekpleister vir die geleentheid.

Smit is die hoofsanger van verskeie groepe, onder andere Crimson Blues en Brothers Remedy. Sy musiek word beskryf as 'n “kombinasie van gypsy blues en alternatiewe folk.”

Sy tyd wat hy in 'n sirkuskabaret deurgebring het en die jare onder die vlerk van 'n reisende blues-sanger het sy musiek gevorm soos mense dit vandag ken.

Hy het begin speel op 'n kitaar wat sy pa in 'n pokerspeletjie gewen het, en die res is geskiedenis. . .

Die 4x4-roete wat vroeër vanjaar aftrek gekry het, word ook weer aangebied.

Alle moontlike stappe is geneem om die veiligheid van feesgangers te verseker. Slegs 50 mense sal per dag die geleentheid kan bywoon.

“Die kampeerplekke is ver uitmekaar, maskers is verpligtend en handontsmetmiddel sal vrylik beskikbaar wees,” sê Storbeck.

“Ons hoop die regulasies rondom groepsbyeenkomste word na 30 Junie effens gelig, maar ons maak vir nou reg vir 50 mense.”

“As jy hou van kamp en jy hou van rock, is dié die perfekte geleentheid vir jou,” sluit Storbeck af.

Steinheim Farm is 45 km buite Windhoek op die C26-pad en is naby genoeg vir die ideale naweekwegbreek. Dalk is dit nou die perfekte geleentheid om die bekommernisse van 2020 vir 'n naweek agter te laat en weer die basiese vreugde van goeie musiek en geselskap te ervaar.

Kaartjies kos N$500 per persoon vir twee nagte of N$300 per persoon vir een nag en is op PayBuddy beskikbaar. Dit is N$200 per kar vir die 4x4-roete. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir meer inligting, stuur 'n e-pos na [email protected] of besoek Camping in Namibia se Facebook-blad.- [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

1 uur gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

1 uur gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

1 uur gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

1 uur gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...