Namibië ondersteun veiliger internet

‘Saam vir beter internet’

07 February 2019 | Ministeries
Mariselle Stofberg – Namibië het Dinsdag aan Wêrelddag vir Veiliger Internet (SID) deelgeneem.

Hoërskool Chairman Mao Zedong in Windhoek het leerlinge van verskeie skole saam met die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, asook die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) byeengebring om die dag te vier.

Verteenwoordigers van die ministeries van onderwys, kuns en kultuur, van inligting en kommunikasietegnologie, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, asook van Lifeline/Childline en die Internetvereniging (Namibia Chapter) het die dag bygewoon.

Wêrelddag vir Veiliger Internet poog om groter bewustheid oor toenemende internetkwessies te skep.

Die tema vir 2019 is “Saam vir ’n beter internet” en daarmee word ’n beroep op elke belanghebbende gedoen om hul rol te speel in die skep van ’n veiliger internet, veral vir jonger internetgebruikers.

Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, het die belangrikheid van elke individu se bydrae tot ’n veiliger internet beklemtoon.

“Beter internetgebruik is ons almal se besigheid. Die internet kan jou opbou, maar dit kan jou ook binne ’n kwessie van ’n minuut afbreek,” het Sioka gesê.

Sy het gesê haar ministerie is besig om die regulasies van die Wet op Kindersorg en -beskerming, Wet 3 van 2015, te finaliseer, wat hopelik binne die volgende twee tot drie weke geïmplementeer sal word.

Volgens mnr. Paulus Lewin, hoofonderwysbeampte vir programme en kwaliteitbeheer, skakel hierdie dag goed in by die Nasionale Raamwerk vir Veilige Skole (NSSF) wat deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur van stapel gestuur is.

“Aanlyn kinderbeskerming, wat deel vorm van Wêrelddag vir Veiliger Internet, is ’n integrale deel van NSSF. Ons leerlinge ervaar kommerwekkende vlakke van gelweld, hetsy fisiek, emosioneel, sielkundig of seksueel van aard. Met die toename en verandering in tegnologie en die internet, word ons deur nóg ’n tipe geweld bedreig.”

Unicef het tydens ’n onlangse meningspeiling, wat uit meer as ’n miljoen reaksies van meer as 160 lande bestaan, vasgestel 70,6% van jongmense wêreldwyd tussen die ouderdomme van 15 en 24 verkeer aanlyn en het al een of ander vorm van aanlyn geweld, kuberboelies of digitale teistering ervaar.

“Ek wil ouers aanraai om grense te stel vir hul kinders met die gebruik van die internet. As ouers wil ons net die beste vir ons kinders hê, en dit is ons verantwoordelikheid om ons kinders te leer oor internetveiligheid, en om enige aanlyn geweld, mishandeling of uitbuiting ernstig op te neem,” het Sioka gesê.

Lewin het gesê ouers en skole het ’n verantwoordleikheid om kinders in te lig en daarop voor te berei om die internet veiliger te gebruik.

“Ons het die verantwoordelikheid om ons leerlinge met die nodige vaardighede en hulpmiddels toe te rus sodat hulle die internet op ’n veilige, slim en waaksame manier kan gebruik.”

Die geleentheid het ook uit ’n paneelbespreking bestaan, waaronder dr. Veronica Theron, die presidentsvrou se spesiale raadgewer, haar mening oor ’n veiliger internet gedeel het.

“Ouers en kinders moet opgelei word om die internet veiliger en beter te gebruik. Die belangrikheid van ’n oop verhouding tussen ouers en kinders is net so belangrik, want kinders moet voel hulle kan enige aanlyn kwessie wat hulle ongemaklik of bang laat voel, met hul ouers deel.”

Soortgelyk

 

Chasing your dream

14 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

14 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

14 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

14 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

14 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

14 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

14 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...