Namibiu00eb neem voortou met e-afvalhouers
Namibiu00eb neem voortou met e-afvalhouers

Namibië neem voortou met e-afvalhouers

Tanja Bause
Gegewe die feit dat werkskepping stilstaan en e-afvalprobleme toeneem, het NamiGreen hul bedrywighede in Namibië met twee doelwitte voor oë van stapel gestuur.

Dié maatskappy streef na elektroniese afvalherwinning en werkverskaffing.

Dít deur ou selfone, rekenaars, televisie- en ander toestelle bymekaar te maak en te verwerk.

Om dit te verwesenlik, het die maatskappy ’n vennootskap met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangegaan.

Baie stukkende en onbruikbare toestelle beland op die ashoop, of word direk in die omgewing weggegooi.

Sowat 95% van alle Namibiese e-afval word nie herwin nie.

Die vennootskap tussen die twee instansies stel NamiGreen in staat om herwinningsgeriewe by die regeringskompleks beskikbaar te maak.

Mense kan hul afval hier weggooi en weet dit sal nie op ’n ashoop beland of die omgewing beskadig nie.

NamiGreen sal hul bedrywighede voortdurend uitbrei deur vennootskappe met ander organisasies en openbare instellings aan te gaan.

Hulle moedig alle Namibiërs aan om herwinning te oorweeg.

Dit verseker nie net dat die omgewring bewaar word nie, maar skep ook werk vir meer jong Namibiërs.

Slegs 50% van Namibië se jeug het werk.

Geleenthede soos dié, wat deur NamiGreen se herwinningsinisiatief verskaf word, kan meer gesinne van kos en 'n dak oor hul koppe verseker.

NamiGreen sal van moderne tegnologie en tegnieke gebruik maak om seldsame grondstowwe uit toestelle te herwin.

E-afval oraloor Afrika is 'n groeiende probleem wat reeds 'n tragiese impak op baie gemeenskappe het.

Namibië het die geleentheid om as voorbeeld te dien vir e-afvalherwinning en die ekonomiese ontwikkelingsgeleenthede wat daarmee verband hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A