Namibië kry eerste pediatriese onkoloog
Henriette Lamprecht – Namibië spog met sy eerste pediatriese onkoloog vir die land.
Dr. Lilian Gesami-Steytler se akademiese agtergrond sluit in ‘n sub-spesialissertifikaat in mediese onkologie van die kollege vir pediaters van Suid-Afrika, en die Universiteit van Stellenbosch se departement van pediatrie en kindergesondheid, pediatriese hemotologie/onkologie.
‘n Pediatriese onkoloog is ‘n dokter met spesialiskennis in die bestuur van kinders met kanker. Die kanker kan in enige ligging of stelsel geleë wees, wat die bloed (leukemie), brein of liggaam insluit.
Pediatriese onkoloë behandel en versorg kinders en jongmense tydens alle fases van behandeling en vanaf diagnose tot langtermynopvolg, asook palliatiewe sorg.
Dié onkoloë werk nou saam met onder meer chirurge, bestralingsonkoloë, patoloë en radioloë om te verseker terapieë is gepas en doeltreffend. Hulle werk voorts ook nou saam met sielkundiges, maatskaplike werkers en selfs onderwysers om hul pasiënte te ondersteun en te verseker dat die las van hul behandeling beperk en die langtermynuitwerking van behandeling minimaal is.
Voor haar studies in pediatriese onkologie was dr. Gesami-Steytler as pediater werksaam by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) in Windhoek en was voorts aan die stuur van ‘n suksesvolle beperkte private praktyk by die private hospitale Rhino Park en Lady Pohamba onderskeidelik. Dr. Gesami-Steytler was ook deeltyds as dosent in pediatrie en kindergesondheid by die Universiteit van Namibië (Unam) se mediese skool verbonde. Sy was voorts voorsitter van die span vir infeksiebeheer by die Rhino Park Private Hospitaal.
Dr. Gesami-Steytler het haar MBChB-graad in 2005 aan die Universiteit van Nairobi behaal en verder in pediatrie aan die Universiteit van die Witwatersrand gespesialiseer waar sy in 2013 haar kwalifikasie behaal het.
Sy het intensiewe opleiding in hemofilie, bloeding en trombotiese afwykings sowel as aansteeklike siektes in kinders. Dr. Gesami-Steytler studeer tans vir ‘n MSc-graad in aansteeklike siektes deur middel van die akademie van die Universiteit van Londen se Londen Skool vir Higiëne en Tropiese Medisyne. Benewens haar werk as konsultant in pediatriese onkologie by MoHSS, is dr. Gesami-Steytler ook in beperkte private praktyk by die Namibian Oncology Centre.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie