Namibië kry eerste geen afval-winkel

Kliënte bring hul eie houers na die winkel en betaal slegs vir die inhoud van wat aangekoop is.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die hoofstad sal volgende maand met Namibië se eerste geen afval-winkel spog.

Zero Waste Store Namibia is me. Brigitte Reissner se breinkind.

“Ek was 30 jaar lank ’n haarkapper en het op my 45ste verjaardag vir my man gesê ek wil op 50 iets nuuts aanpak. Dit was vyf jaar gelede,” sê sy.

Volgens haar het sy saam met me. Christina Böhm van Zero Waste Namibia gaan koffie drink en gehoor me. Bea Johnson, skrywer van die boek Zero Waste Home, was op pad om Namibië te besoek.

“Bea en haar gesin lewer slegs een 500 ml-glas vol afval per jaar. Haar boek en blog het die Zero Waste-leefstyl wêreldwyd laat posvat.

“Ek was bevoorreg om haar te kon ontmoet toe sy in Namibië was en ek is geïnspireer,” sê Reissner.

Sy het die boek gelees, Suid-Afrika toe gevlieg om soortgelyke winkels te besoek, internetnavorsing gedoen en selfs ’n kursus gedoen.

“Ek het my werk as ’n haarkapper in Februarie opgegee en begin om by besigheid hier op die been te bring,” sê sy.

Die konsep van ’n geen afval-winkel is eenvoudig: Kliënte bring hul eie houers – van plastiek of glas – na die winkel.

Die houer word geweeg en die kliënt sit sy aankope binne-in.

Die houer word dan weer geweeg en die kliënt betaal slegs vir die inhoud.

“Dit beteken eerstens jy kan koop soveel as wat jy benodig. Soos byvoorbeeld pasta: Jy hoef nie net 500 g of meer as dit te koop nie. Jy kan ook slegs 200 g koop as jy wil. Tweedens word al die houers weer gebruik. Mense vra onmiddellik wat van plastiekhouers, maar dit is geen probleem nie, omdat dit weer en weer gebruik word.”

Glase en katoensakke is ook in die winkel te koop.

Onder meer sal pasta, rys, suiker, koffie, tee, neute, speserye, skoonmaakmiddels en skoonheidsmiddels in die winkel verkoop word, asook bioafbreekbare items soos tandeborsels en strooitjies.

Omgewingsvriendelike bakbykomstighede soos kolwyntjiekoppies van papier is ook beskikbaar.

“Dit is belangrik dat ons besef ons kan nie aangaan soos ons nou aangaan nie. Ons moet ons afval drasties begin verminder. Jongmense besef al hoe meer as hulle nie nou begin om hul afval te verminder, te hergebruik en te herwin nie sal hul kinders eendag in die rommel en afval vergaan,” het Reissner gesê.

Volgens haar kan almal ’n bydrae lewer.

“Dit is baie maklik: As jy wegneemkoffie koop, vat jou eie koppie saam sodat hy volgemaak word. Dit skakel talle onnodige wegneemkoppies uit, wat een keer gebruik word en dan weggegooi word.

“Vat ’n glasbottel werk toe waaruit jy drink eerder as om elke dag uit ’n plastiek bottel te drink, wat jy weggooi. Dit is met sulke klein stappe wat ons almal kan begin, wat op die ou einde ’n verskil sal begin maak.”

Zero Waste Store Namibia maak vroeg in Julie op die hoek van San Nujomaweg en Steinstraat in Klein Windhoek oop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A