Namibië keer met ‘boeremeisie’ terug na Mej. Wêreld

Yandi Du Plessis
Namibië gaan vir die eerste keer in ses jaar aan die Mej. Wêreld-skoonheidskompetisie deelneem, en ’n “boeremeisie” van die Noordweste-dorp Kamanjab hoop om haar land se eerste wenner van dié titel te wees.

Annerie Marè (26), wat die eerste prinses in die Mej. Namibië-kompetisie was, sal die eerste deelnemer sedert Steffi van Wyk in 2015 wees wat op dié verhoog verskyn, het die Mej. Namibië-organisasie Maandagoggend aangekondig.

Annerie het ná haar tuiskoms op Kamanjab in die Kunenestreek in die sosiale media gesê dit maak nie saak waarheen in die wêreld sy gaan nie, sy sal altyd na haar wortels terugkeer.

Sy het haarself as ’n boeremeisie beskryf en gesê sy glo landbou is die grondslag van haar land se ekonomie. Volgens haar is sy in verwondering daaroor dat sy haar land se vlag in die internasionale kompetisie sal dra.

“Ek het nooit geweet wat hierdie reis werklik sou behels nie. As ek terugkyk op al die groei wat plaasgevind het, laat dit my besef dat die lewe begin wanneer jy jou drome ondanks die vrees vir die onbekende nastreef.”

Ná haar tuiskoms het sy gesê: “Ek is lief vir jou, Kamanjab, jy is my huis, die tuiste van die boer en toeris. Ek is geëerd om ’n kind van hierdie dorpie te wees, en ek is ook opgewonde om terug in my gemeenskap te ploeg.”

Annerie, wat tans met ’n BA-graad in berading besig is, het gesê dit is haar droom dat Namibië ’n selfonderhoudende land moet wees.

Hoewel ’n Namibiër nog nie die Mej. Wêreld-kroon gedra het nie, was Odile Gertze in 2010 onder die top-25, Anna Nashandi was in 2006 onder die top-17 en Michelle McLean was in 1991 onder die topvyf. McLean het in 1992 Mej. Heelal geword.

Annerie sal in Desember in Puerto Rico om die Mej. Wêreld-titel meeding.

Verwerk van Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!