Namibiu00eb is gereed vir internasionale toeriste
Namibiu00eb is gereed vir internasionale toeriste

Namibië is gereed vir internasionale toeriste

Sprake van die bestaan van 'n twis is ontken.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO), mnr. Zurab Pololikashvili, sing net lofsange oor Namibië as veilige toerismebestemming te midde van die Covid-19-pandemie.

“Namibië is ’n fantastiese, opwindende, onvergeetlike, diverse land wat gereed is om internasionale toeriste te ontvang,” het hy gister as hoofspreker by die amptelike opening van die 22ste Namibië Toerisme Ekspo (NTE) by SKW in Windhoek gesê.

Die sekretaris-generaal was op ’n warrelwindtoer van drie dae in Namibië waartydens hy die Unesco-bewaringsgebied Namib-Sand-en-See by Sossusvlei besoek het.

“Ek is verras deur jul wonderlike land en wens die NTE geluk as die eerste toerisme-ekspo wat die afgelope agt maande in die wêreld plaasvind.

“Ek prys Namibië oor sy Covid-19-protokol waar ’n balans tussen gesondheid en die ekonomie gevind is. Die toekoms van toerisme lê in Namibië en Afrika,” het Pololikashvili gesê.

Hy sê die toerismesektor kan nie slaap en laat wakker word nie: “Toerisme moet voortgaan. Ons moet saam bespreek en in die toekoms van toerisme belê.”

Volgens Pololikashvili het die UNWTO vir volgende jaar ’n tienpunt-toerismestrategie vir Afrika met groot beleggings beplan, “veral in Namibië se landelike toerismesektor as ’n land met diverse natuur en kultuur”.

Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê toerismeherlewing is ’n komplekse, uitdagende en dinamiese taak.

“Nou meer as ooit is toerisme werklik almal se besigheid. Dit is maar net die begin van ’n lang en moeilike pad vorentoe.”

Shifeta sê veral die kleinste besighede en werkers moet nou ondersteun word en aandag moet aan die mees sensitiewe en weerlose bestemmings in die herstelproses gegee word.

Hy prys NTE wat ’n platform geskep het om weer ’n sprankel in plaaslike toerisme terug te bring “wat vanjaar so gely het”.

STREEKTOERISME

Mnr. Albe Botha, die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings (NMH) – wat die NTE aanbied, het gesê die toerismebedryf is inderdaad deur die Covid-19-pandemie verwoes, maar die pad vorentoe vereis samewerking tussen alle vennote.

Die NTE het vanjaar 100 stalletjies, “want ons wil skares bestuur en nie skares kweek nie,” het hy beklemtoon.

“Sonder samewerking is die toekoms van die toerismebedryf bleek. Toerisme vereis pogings van vennote op ’n voortdurende grondslag en sonder dit sal toerismeherlewing moeilik wees.”

Volgens Botha is die deurlopende boodskap vir die volgende twee jaar vir toerismegroei dat toerisme in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ook moet groei.

“Dit is waarom ons die 10 grade Suid Ekspo 2020 begin het om toerisme in die tien lande van SADC te bevorder. Ons glo met die samewerking tussen al die SADC-lande sal toeristegetalle toeneem en interaktiewe toerisme in Suider-Afrika deel van die oplossing wees,” het Botha gesê.

Hy beklemtoon beter samewerking tussen lande en grense is baie belangrik en voortdurende pogings om dit te verbeter, moet deel wees van die strategie om streektoerisme te bevorder.

“Die ekspo is verbind aan die proses vorentoe. Ons verwelkom julle by die NTE 2020 ondanks die moeilike ekonomiese omstandighede, maar almal se voortdurende toewyding sal ons deur hierdie moeilike tye dra.”

Botha het die borge, Vivo Energy, First National Bank Namibia en Ohlthaver & List vir hul N$1 000-vakansie-afslagbewysprojek bedank, asook vir Vivo Energy, O&Leisure, Gondwana Collection Namibia, N/a’an ku sê Wildlife Experience, Journeys Namibia en Wild Water Group vir hul steun aan die Toeris van die Jaar-kompetisie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!