Namibië is biodiversiteit-kampioen

Wêreldwye krisis

16 October 2019 | Omgewing
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sê volgens ’n 2018-verslag vaar Namibië die beste uit 144 lande wat biodiversiteit betref.

“Dit is iets waarop ons as nasie trots kan wees, asook op die goeie praktyke soos beskryf in ons Sesde Nasionale Verslag oor die Konvensie oor Biodiversiteit,” het Shifeta Donderdag in Windhoek tydens ’n werkwinkel oor die ekonomiese en maatskaplike aspekte van biodiversiteit gesê.



“Ekostelsels en hul biodiverisiteit ondersteun Namibië se ekonomie en mense se welstand. Sowat 70% van Namibië se bevolking steun swaar op natuurlike hulpbronsektore soos mynbou, visserye, landbou en toerisme, wat die grondslag van Namibië se ekonomie is,” het Shifeta gesê.

Hy sê volgens onlangse studies lewer biodiversiteit jaarliks ’n inkomste van sowat N$13 miljard, waarvan 40% van toerisme en 29% van voerverskaffing afkomstig is.

Shifeta sê die huidige belegging in biodiversiteit word op sowat N$1 miljard jaarliks beraam.

Die minister het gesê sy ministerie is besig om ’n biodiversiteitshulpbron-mobiliseringstrategie te finaliseer om beleggings in biodiversiteitsbewaring te verhoog.

Gesondheid verswak al vinniger

Tog sê Shifeta op internasionale vlak beleef biodiversiteit ’n krisis.

“In Mei vanjaar het die Verenigde Nasies (VN) ’n Internasionale Verslag oor Biodiversiteit en Ekostelsels gepubliseer wat aandui alle soorte spesies – van insekte, soogdiere, plante en voëls tot visse verdwyn teen ’n verstommende koers,” het hy gesê.

“Ekostelsels, waarvan ons en alle ander spesies afhanklik is, se gesondheid verswak vinniger as ooit. Ons vernietig die einste fondament van ons ekonomieë, lewensbestaan, voedselsekerheid, gesondheid en lewensgehalte wêreldwyd,” lui die verslag.

“Hierdie bevindings moet waarskuwingsklokke vir ons almal laat lui, maar ek het vertroue daarin dat biodiversiteit in Namibië in ’n beter toestand as in die meeste ander lande is.

“Tog moet ons dit so hou en maatreëls verbeter om die bewaring van ons biodiversiteit te verbeter en bevorder,” het Shifeta gesê.

Hy meen uitdagings is steeds klimaatsverandering, besoedeling en die verhoogde vraag na skaars bronne soos water en krag, die uitputting van sekere natuurlike hulpbronne, befondsing vir die bestuur van beskermde gebiede, die volhoubaarheid van gemeenskapsgegronde natuurlike hulpbronnebestuur (CBNRM) en voordele vir gemeenskappe met die volhoubare gebruik van alle aspekte van biodiversiteit, asook die dubbele uitdaging van stropery en mens-dier-konflik.

“Gegewe die konteks van dié uitdagings en bedreigings is verhoogde bewusmaking van die ekonomiese en maatskaplike voordele van biodiversiteit baie belangrik,” het Shifeta gesê.

Soortgelyk

 

Man met hope wildprodukte vas

1 uur gelede | Misdaad

'n Namibiese man is verlede week op Divundu met 'n groot verskeidenheid beheerde wildprodukte glo in sy besit in hegtenis geneem. Mnr. Katoima Kandunda is...

Vol ambulans bots teen bees

5 ure gelede | Ongelukke

Drie staatspasiënte is vanoggend lig beseer toe ‘n ambulans van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ‘n bees op die hoofpad tussen Otavi en...

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

15 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Media 'mishandel' Hage

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

15 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

15 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

15 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...