Namibiu00eb in koue se greep
Namibiu00eb in koue se greep

Namibië in koue se greep

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Terwyl weervoorspellers meen die ergste van die huidige kouefront behoort teen Vrydag verby te wees, is temperature van so laag as -10 °C vanoggend (Woensdag) in die Aranos-omgewing gemeet.

Op die Facebook-groep "Reën in Namibia" sê me. Betsie Labuschagne vanoggend om 07:00 was dit -10 °C 30 km Oos van Aranos en me. Sharon Britz het -5 °C op Rehoboth gemeet. Me. Wilet de Jager sê die kwik het ook om 07:00 tot -5 °C in Avis, Windhoek gedaal.
Me. Heide Baas sê op die plaas Ombuetendende in die Omitara-omgewing was dit -7 °C en me. Leonora Nonna Becker het op ‘n plaas naby Gobabis -8 °C gemeet.

Kort ná 06:00 was dit -10 °C op Drimiopses, terwyl ‘n minimum van -6,3 °C op die plaas Skemerhoek in die Aranos-omgewing gemeet is en ook -5,2 °C op Omuramba Hunting Lodge in die Omaheke-streek.

Die weerdiens AfriWx Southern Africa voorspel dat minimum temperature vir Namibië vanaf Vrydag warmer sal raak, met Keetmanshoop wat die koudste plek sal wees met ‘n minimum van 0 °C.

FOTO: Melanie Blaauw Oberholzer het die foto op Facebook geplaas en gesê dit was -9 °C vanoggend op die plaas Miltonrus naby Aranos.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A