Namibië het hoogste daaglikse koers van nuwe Covid-19-gevalle per bevolking in Afrika
Namibië het van vandag af die hoogste daaglikse koers van nuwe Covid-19-gevalle per bevolking in Afrika. Volgens die sentrum vir siektebeheer (CDC) se direkteur vir Namibië dr. Eric Dziuban kan dit gedeeltelik verduidelik word deur die feit dat, as ‘n land met ‘n klein bevolking, Namibië baie hard getref is deur die grootte van uitbrekings wat in Walvisbaai en Swakopmund en ook nou in Windhoek gesien word.
“Die goeie nuus is dat dit ook ‘n goeie weerspieëling is van gevalle wat gevind word en ook toetsing in die land. Andersins sou baie van die gevalle versteek wees en meer skade sou kon veroorsaak,” sê Dziuban.
Hy het beklemtoon bogenoemde is ‘n wekroep vir alle Namibiërs om die virus nog meer ernstig op te neem om die koers van die pandemie in die land te verander.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie