Namibië en Europa in gesprek

Verskeie kwessies rondom handel en samewerking was onder bespreking.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die derde ronde van jaarlikse onderhandelinge tussen die Europese Unie (EU) en Namibië het Woensdag by die kantoor van die eerste minister in die hoofstad afgeskop.

Die EU word deur ambassadeurs en afgevaardigdes van Finland, Swede, Spanje, Portugal, Tsjeggië, Duitsland, Frankryk, Kroasië, Pole, Ierland, Litaue, Brittanje en België verteenwoordig.

Me. Christine //Hoebes, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het gesê Namibië wil bande met 28 Europese lande versterk, en is dankbaar vir die EU-lande se ondersteuning van Namibië se ontwikkelingspogings.

Sy sê ná die era van die Cotonou-ooreenkoms wat tot 2020 geld, beoog Afrika, lande in die Stille Oseaan, asook dié in die Karibiese See, om meer doeltreffend met Europa saam te werk.

Dít op ’n grondslag van Suid-Suid-, Noord-Suid- en driehoekige samewerking.

Afrika se ontwikkelingsuitdagings behels geleenthede wat deur spesifieke protokolle benut kan word, het sy gesê.

Volgens //Hoebes moet vrede en veiligheid ’n vereiste wees en befondsing vir belangrike programme gewaarborg wees.

“Namibië is die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) sedert Augustus vanjaar en ons lê klem op die ontwikkeling van die jeug en infrastruktuur. Streekintegrasie is ook hoog op die SADC se agenda,” het sy gesê.

Volgens //Hoebes word die ekonomiese vennootskap-ooreenkoms (EPA) tussen Namibië en die EU toegepas, hoewel uitdagings bestaan.

Namibië het ook die Vryehandelsgebiedooreenkoms vir die Afrika-vasteland (AfCFTA) bekragtig, het sy gesê.

“Klimaatsverandering is ’n werklikheid,” het sy gesê en die toepassing van die Parys-ooreenkoms beklemtoon.

Sy het na die pasafgelope tweede nasionale grondkonferensie verwys en teenwoordiges verseker grondhervorming in Namibië sal binne die raamwerk van die Grondwet toegepas word.

Me. Jana Hybascova, hoof van die EU se afvaardiging na Namibië, het gesê dié jaarlikse byeenkoms dui op die sterk vennootskap tussen Namibië en Europa.

Sy was vol lof vir Namibië se benadering tot die grondkwessie, en het gesê: “Namibië is werklik ’n demokratiese nasie. Ons staan gereed om te help met die toepassing van al jul hervormingsbesluite.”

Hybascova het ook aangedui dit is betekenisvol dat Namibië tans die SADC se voorsitter is.

“Ons leef in ’n wêreld wat verbind is en voortdurend in konflik is,” het sy gesê en na verskeie konfliksituasies rondom Europese lande verwys.

“Die EU staar sterk politieke kwessies in die gesig. Namibië staar ekonomiese kwessies in die gesig,” het sy gesê. Volgens haar hou samewerking wedersydse voordele in.

In samewerking met China, Rusland en die ander Brics-lande wil die EU die wêreld deur middel van reëls orden, het sy gesê.

Hybascova het mnr. Jean-Claude Juncker, EU-president, aangehaal wat gesê het Afrika is die toekoms, en derhalwe moet Europa meer in Afrika belê.

Hy het ook volgens haar aangevoer Afrika het nie liefdadigheid nodig nie, eerder ware vennote, wat Europese lande ook benodig.

Mnr. Pieter van der Walt, adjunkminister van nasionale beplanning, het die vergadering gelei ná //Hoebes haarself weens gesondheidsredes verskoon het.

Onder bespreking was ekonomiese kwessies soos die toepassing van die EPA, Namibië se belastingstelsel, samewerking met Europa, Namibië se beleggingsomgewing, die AfCFTA, samewerking op ontwikkelingsgebied en die vermindering van armoede.

Wêreldkwessies soos hernubare energie, klimaatsverandering en waterbestuur, asook omgewings- en wildbestuur is bespreek.

Visumkwessies was op die agenda saam met veiligheidskwessies soos samewerking met diplomatieke polisie, die bou van kapasiteit in Namibië se polisiediens, rampbestuur en ondersteuning van Namibiese tronkbewaarders.

Hervorming van die Afrika-unie en die Verenigde Nasies was onder die loep, en die EU het Namibië se bystand in die bereddering van hul ooreenkoms met Iran versoek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.17/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 855.10/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 911.82/OZ DOWN -0.0044 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.82 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.17/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.33% | Zinc US$ 2 855.10/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 89.18/BBP UP +0.33% | Platinum US$ 911.82/OZ DOWN -0.0044