Namibiu00eb doen stappe teen staatloosheid
Namibiu00eb doen stappe teen staatloosheid

Namibië doen stappe teen staatloosheid

Mense sonder ID-dokumente word uitgeken as kwesbaar vir staatloosheid.
Augetto Graig
Augetto Graig



Staatloosheid is 'n wêreldwye probleem wat minstens 4 miljoen identifiseerbare slagoffers se menslikheid aantas deur hulle van 'n identiteit te beroof.

Sonder lidmaatskap aan enige land se bevolking verdwyn hierdie mense vanaf maatskaplike beskerming- en ander openbare stelsels.

Namibië is geprys dat hy 'n voorbeeld vir die res van die vasteland stel en 'n voorloper in Suider-Afrika is in terme van sy poging om staatloosheid in die land te bekamp.

Volgens die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, immigrasie, ­veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, het elkeen die reg tot 'n nasio­naliteit.

Die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (UNHCR) se verteenwoordiger vir Suider-Afrika, mnr. Leonard Zulu, het Namibië geloof as die eerste land in die streek wat homself verplig het om ­prosedures te implementeer om ­staatlose ­individue te identifiseer en te help om ­burgerskap te kan kry.

Namibië se adjunk- eerste ­minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê nie alle ­vlugtelinge is staatloos nie, en nie alle staatlose mense is vlugtelinge nie.

“Kinders word soms in 'n land gebore, maar nie geregistreer nie. Sulke kinders tel onder die mees kwesbare bevolkings. Sonder die vermoë om jou nasionaliteit te bewys, is verskeie belangrike vryhede en regte buite bereik. “In my 15 jaar in ballingskap was die drie in Engeland die swaarste. Dit is pynlik om altyd jouself te moet afvra, is ek staatloos?” vertel sy.

STUDIEBEVINDINGE

Die Regshulpsentrum (LAC) het onlangs 'n studie oor werklike getalle van staatloosheid in Namibië uitgevoer, met steun van die UNHCR en in opdrag van die ministerie.

By 'n onlangse slypskool by die Windhoek Buitekluboord om die studie­bevindinge bekend te maak, het Nandi-Ndaitwah gesê dit is ­belangrike voorbereiding vir Namibië se toe­trede tot die Verenigde Nasies (VN) se konvensies van 1954 en 1961 met betrekking tot die uiteensetting van staatloosheid en die internasionale bekamping daarvan, onderskeidelik.

Die studie dui aan die meerderheid staatloses in Namibië is binne die land se grense gebore. Nog mense in Namibië wat vir praktiese ­doeleindes staatloos, of kwesbaar vir staatloosheid is, is diegene wat tussen 1991 en 2000 die landsgrens binnegekom het; mense met ou SWA-identiteits­dokumente; kinders met ouers sonder ID-dokumente en veral lede van die San-gemeenskap, volgens die studie.

Die LAC se direkteur, me. Toni Hancox, sê die studie fokus nie net op getalle-inligting nie, maar om te verstaan hoekom staatloosheid in Namibië voorkom, en wat dit behels.

Volgens die ministerie sal 'n opvolgstudie, om vas te stel hoeveel mense in Namibië staatloos is, volgende maand afskop en teen Mei vanjaar voltooi word.

Volgens die kommissaris van vlugtelinge, mnr. Likius Valombola, sal die ministerie ook onmiddellik die dokumente vir Namibië se toetrede tot die konvensies begin opstel en verdere goedkeuring van die nasionale plan rakende staatloosheid kry.

Die nasionale plan is reeds deur die kabinet goedgekeur.

Verder sal wysigings aan ­Namibiese wetgewing gemaak word, insluitend die Burgerskapwet van 1990, die ­Immigrasiebeheerwet van 1993 en die Wet op Vlugtelinge van 1999 asook die wet op geboorte, troue en doodsregistrasie (1963) en selfs die Grondwet, om enige regulasies teenstrydig met die konvensies aan te pas.

Die minister van justisie, me. Yvonne Dausab, het ook aan die slypskool deelgeneem en die gevaar van mense­handel in staatlose mense uitgewys.

“Veral San-mense word uitgebuit, omdat hulle nie dokumente het nie,” sê sy.

Navorsers sê hulle het ook gedurende die studie mensehandel teëgekom en dat kriminele elemente ook staatloosheid in Namibië misbruik, volgens inwoners met wie hulle onderhoude gevoer het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%