Name van B2-ongelukslagoffers bekend
Die name van die slagoffers van die ongeluk Donderdagoggend op die B2-hoofweg tussen Usakos en die afdraaipad na Spitzkoppe is deur die Namibiese polisie (Nampol) bekend gemaak.
Die oorledenes is Christopher Leroy Van Wyk (28) en Annelize Juvan Cloete (29). Hul naasbestaandes is deur die polisie in kennis gestel.
Die slag van die ongeluk was so geweldig dat die Citi Golf-sedanvoertuig van die oorledenes middeldeur gebreek het. Die tweede voertuig, ‘n nuwe Nissan Note, het ‘n hele entjie van die plek van die botsing af gestaan met minder skade.
Volgens Nampol se misdaadverslag het die bestuurder van die Citi Golf glo om ‘n draai beheer oor die voertuig verloor en teen die Nissan Note se sykant gebots. Die bestuurder van die Nissan is lig beseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie