Nambala verras spelers by FFF-dag
Gholf
Die Frank Fredericks Stigting (FFF) se jaarlikse gholfdag is Saterdag by die Omeya gholfklub aangebied waar 17 spanne deelgeneem het.
Die geleentheid is vanjaar deur Alexander Forbes met nege spanne ondersteun en is daarop gemik om geld in te samel om talentvolle jong Namibiese sportlui beide op akademiese en sportgebied by te staan.
Al die gholfspanne het terselfdertyd op afsonderlike putjies afgeslaan, wat beslis ''n welkome afwisseling was. Die spelers kon mekaar met prettige aktiwiteite beter leer ken.
Furntech Agencies in samewerking met Samsung het hul steun opnuut bevestig deur die pryse vir die beste drie spanne te borg, terwyl Coca-Cola die amptelike koeldrankverskaffer was. Die Kombat gemeenskapstrust en Bank Windhoek was die ander borge vir die dag.
Die wenspan wat met die vet prys weggestap het, was N. Smit, L. Louw, E. Pretorius en T. Losper in die kleure van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee. Dié viermanskap het elkeen met ''n digitale spieëllose kamera met lense weggestap wat deur Furntech en Samsung verskaf was.
In die tweede plek was The Patriot (J. Martin, A. Smit, T. Gurirab, C. Fillemon) wat elk ''n 32 liter konveksie mikrogolfoond gewen het. Vir die derde plek het Investec se S. Bonifatius, L. Tshoopara, P. Gabriel en B. Gasela elkeen Blue Ray-spelers met driedimensionele brille en rolprente opgeraap.
Die res van die spanne het pryse van die Kombat Community Trust, Nomad African Spa, Bank Windhoek, Coca-Cola en die Fredericks Saketrust gewen. Die speler wie se hou die naaste aan die pen bly lê het, was Dan Zwiebel van die FFF All Stars wat N$2 000 hiervoor ontvang het.
Stefanus Bonifatius (Investec) se mees akkurate dryfhou het N$1 000 in sy beursie geplaas.
''n Hoogtepunt van die prysuitdeling was toe die spelers vir Johannes Nambala, Namibië se dubbele silwermedaljewenner by die onlangse 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro, ontmoet het.
Dan Zwiebel het sy prysgeld van N$2 000 vir naaste aan die pen aan Nambala geskenk. Hierop het Amos Shiyuka, Duan Jansen en Jan Coetzee die voorbeeld gevolg en dieselfde bedrag aan die gestremde sportheld oorhandig.
Die ander spanne het soos volg geëindig: IS Protector (vierde), AF Administration Services, AF 5 Star, AF Consulting, Plastic Packaging, AF A.R.T en Saunderson & Co.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie