Nam 3de mees ekologies bedreigde land

Navorsing in 157 lande gedoen

16 September 2020 | Omgewing
Francoise Steynberg – Namibië is in die topdrie lande wat ekologies die meeste ter wêreld bedreig word.

Die Ekologiese Bedreigingsregister 2020 (ETR) is pas as lywige nooiensverslag van 90 bladsye deur die Instituut vir Ekonomie en Vrede (IEP) uitgereik met Afghanistan, Mosambiek en Namibië wat as die topdrie lande gelys is wat die ergste deur ekologiese bedreigings geraak is.

Die ander mees geraakte lande in die toptien is Namibië se oostelike buurland, Botswana, gevolg deur Tsjad, Ethiopië, Indië, Iran, Irak en Kenia.

Volgens die verslag is navorsing in 157 lande gedoen.

Volgens hul bevindings staar vyf ekologiese bedreigings Namibië in die gesig, naamlik voedselonsekerheid, droogte, waterskaarste, hulpbronne-vermindering en temperatuurstygings.

Die goeie nuus is dat Namibië as 'n vreedsame land die kapasiteit het om die impak van ekologiese bedreigings te kan verminder. Ander lande wat ook in hierdie kategorie val, is Australië, Botswana, Georgië, Israel, die Nederlande, Tunisië en die VSA.

Afrika suid van die Sahara is die streek met die hoogste risiko vir klimaatsverandering met al die lande in die streek wat ten minste een ekologiese bedreiging ervaar. Die meerderheid van die lande – 33 uit 43 – het medium tot hoë ekologiese bedreigings. In die streek het Mosambiek en Namibië risikotellings van vyf ekologiese bedreigings.

Wêreldwyd is 141 lande blootgestel aan ekologiese bedreigings met 19 lande wat meer as vier ekologiese bedreigings in die gesig staar.

Sowat 6,4 miljard mense bly in lande wat blootgestel is aan medium tot hoë ekologiese bedreigings.

Uit die 157 lande wat nagevors is, sal 34% katastrofiese waterstres teen 2050 ervaar en 22% katastrofiese voedselsekuriteit.

“'n Katastrofiese bedreiging sal tot aansienlike ontworteling van mense of 'n aansienlike styging in honger­snood lei,” lui die verslag.

“Meer as 'n miljard mense kan teen 2050 weens ekologiese bedreigings en gewapende konflik ontwortel wees.”

Tien uit die 19 lande wat die hoogste blootstelling aan ekologiese be­dreigings het, is tussen die top-40 konfliklande op die Globale Vredesindeks.

Vloede is een van die mees algemene ekologiese bedreigings wat 60% van die lande raak, gevolg deur waternood wat 'n impak op 43% van die lande teen 2040 sal hê.

“Die vooruitskattings is dat die situasie oor die volgende twee dekades sal vererger.”



NATUURRAMPE

Wêreldwyd het die voorkoms van natuurrampe sedert 1960 tienvoudig toegeneem – vanaf 39 voorvalle in 1960 tot 396 in 2019. Vloede en storms verteenwoordig 71% van natuurrampe tussen 1990 en 2019.

Natuurrampe het verlede jaar 25 miljoen mense ontwortel – drie keer hoër as die 8,6 miljoen mense wat weens gewapende konflik ontwortel is.

Amerika het sedert 1990 altesaam 704 natuurrampe gehad – die meeste van enige land wêreldwyd.

China het onder die tweede meeste natuurrampe deurgeloop – altesaam 560 voorvalle.

Stygende seevlakke van 2,1 meter sal volgens die verslag grondoppervakte permanent dek wat tans die tuiste van 200 miljoen mense in die wêreld is.

Die afgelope vyf jaar was ook die warmste op rekord.



PANDEMIE

Die verslag sê die corona­virus sal hierdie ekologiese bedreigings vererger.

“Die Covid-19-pandemie is die grootste skok van die wêreldwye sosioëkonomiese stelsel tot dusver in die 21ste eeu. Soveel lande het nie die geskikte vlakte van sosioëkonomiese weerstandigheid om die skokke te bowe te kom nie.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Min kans vir vlieg na SA

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Hoewel Suid-Afrika Donderdag sy grense vir besoekers uit goedgekeurde lande, waaronder Namibië, heropen, moet Namibiërs vir eers verlief neem met die feit...

Remaining powerful through education

1 uur gelede | Mense

Ester Kamati With a key interest in space science and the history of science, watching videos on these topics is Hosea Hashili’s favourite pastime. Hasili...

Weer, Dinsdag 29 September 2020

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm, maar baie warm in die Noorde. Enkele wolke sal na verwagting oor die Zambezistreek voorkom.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vroeggebore tweeling sterk goed aan

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Twee maande nadat hulle te vroeg op 27 weke in die Lady Pohamba Private Hospitaal in Windhoek gebore is, kan die ouers...

Nuwe Fenata-voorsitter vanuit ontluikende toerismebedryf

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Geskiedenis is gemaak toe die nuwe voorsitter van die Namibiese Toerismevereniging (Fenata), me. Netumbo Nashandi, vir die eerste keer uit die geledere...

Onopgeloste verdwynings, moorde stapel op

1 uur gelede | Misdaad

Ellanie Smit – Terwyl die familie van die 22-jarige me. Shannon Darlikie Wasserfall met die trauma van haar verdwyning ses maande gelede worstel, dreig die...

One ­Africa TV ­partners with NMH

1 uur gelede | Onderwys

Distributed through Namibia Media Holdings' (NMH) youth brand, My Zone, the newly added grade zero to seven lessons form part of a ­collaboration with the...

A look at National Readathon, Heritage Week

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleThe National Readathon and Heritage Week, which were launched by the minister of education, arts and culture Ester Nghipondoka, took place last week.The Readathon...

Dagboek vir die landbouer

1 uur gelede | Landbou

Agra ProVision se kursusseAgra ProVision bied van 5 tot 8 Oktober 'n kursus oor plaasbestuur in Windhoek aan en daarna van 6 tot 8 Oktober...