Nadine laat oë rek met kabeljou
Nadine laat oë rek met kabeljou
02 March 2021 | Sport
Die laaste week van Februarie was weer 'n fees vir hengelaars by Horingbaai.
Elke dag is omtrent veertig tot vyftig voertuie met hengelaars by dié gewilde punt gesien en heelwat kabeljou is by Horingbaai (sowat 77 km noord van Hentiesbaai) gevang.
Adri Basson, bekende voormalige sportfiguur wat die land onder meer as rugbykaptein en gholfspeler verteenwoordig het, vang altyd graag by Adri se Gat. Hy het 'n paar kleinerige kabeljoue en 'n klomp babers gevang.
Dit was egter Nadine Downing se aankoms by Adri se Gat wat die manne gewys het hoe die grotes uitgetrek word.
“Nodeloos om te sê, die tweede keer toe sy ingooi, het sy 'n kabeljou van 15 kg uitgehaal. Ek is nie verbaas om te hoor dat sy die Namibiese nasionale vrouespan as rots- en strandhengelaar verteenwoordig nie,” sê Adri Basson, wat hierdie foto saam met Nadine Downing by Adri se Gat ingestuur het.

Soortgelyk
Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek
3 ure gelede | Onderwys
Robberts bly in aanhouding
14 ure gelede | Howe
Inentings: Namibiërs wag en kyk
14 ure gelede | Gesondheid
Living a purposeful life
14 ure gelede | Mense
Weer vir 30 Maart 2021
14 ure gelede | Weer
Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes
14 ure gelede | Misdaad
Running for those who can’t
14 ure gelede | Skole
Windhoek kry eie ekonomiese plan
14 ure gelede | Regering
Ending the double shift system at schools
14 ure gelede | Onderwys
Kleinadvertensies